Martie Janse van Rensburg
1. dans met die harlekyn



dans met die harlekyn
('n selfmoordpoging - )

harlekyn staan op sy kop
druk 'n tert in Ouma se gesig

harlekyn trek skewebek vir die skare
wat met reënboogtande skater

harlekyn grap-grap
sit jy 'n tou om jou nek

almal skater

harlekyn! Harlekyn!
altyd jonk,
altyd vrolik,
altyd sorgeloos

maar HARLEKYN
vir my kan jy nie flous,
want ék weet
as jy vanaand langs my lê
is jou oë 'n maskerade
dan is dit net rooiwyn
vir jou lag, jou traan en jou pyn

(terug)