![]() |
| Mariska Bouwer |
|
1. Daardie plek
|
|
Daardie plek As jy eerder op die blou van daarbo kon loop Kon uitstyg bo moederaarde wat haar alles- kom- tot- niks aan ons verkoop en 'n plek kon vind waar jy nie hoef te vrees want die vuur van God se oë ken mos jou eintlike waarde, Swaartekrag hou jou voete op die oppervlakte nerens te vlug, vorentoe, nooit terug maar versigtig wees stewig op hierdie vuil grond geanker want soos 'n klip sink in water kan haar sonde jou verswelg Kyk op na daardie blou jou nou nie beskore en huppel want jy en HY is gebore HY met voete wat op grond en see kan loop daarom sal jy eendag op blou kan trap al langs die wolke - wolke paadjie af tot daardie plek waar God se oë sag na jou kyk. (terug) Brandewyn Beloftes 'n Graaf vol grond vir jou my pappa-lief met die klank wat kletter teen jou kis vuil sole trap oor jou begrafnisbrief en skynheiliges sanik oor jou vredesrus Genadeloos gooi ek nog grond in jou graf En skinderskaduwees hang oor my graaf Is ek dan ook dood of maak-maak braaf? Maar ek dink terug aan nog 'n brandewyndag Waar ek beloof’t kanker steel nie my lag Want jy het gesê as Hy jou wil hê dan moet Hy jou kom haal en een brandewynbelofte is 'n klein prys om te betaal (terug) Padkaart Daar was 'n vuur in jou oë wat net die kalm waters van hierbo kon blus toe die lyne op ons kaart gekruis het en jy voor my kom staan verlore verdwaal verwerp in jou rebelstad en ek staan wragties met 'n kompas in my hand. jou liefde het soos 'n rankplant om my voete gegroei jy het my naam geroep en ek die veiligheid van jou arms gesoek liefde het geen gebrek maar gebroke het ons baklei vir die jou en my toe ons besef die padkaart was verkeerd En steeds skets ek jou met my huis in jou En my swakheid toegevou in jou hand Want jy het stywer vasgehou al was jy self op die rand forever se ek en ever sê jy sal ons gebroke sonder gebrek baklei (terug) Giggel Bring vir my jou siel kaal en verf daaroor net een lagie normaal vir die oog se kleur sit 'n strikdas op jou persoonlikheid laat hy voor loop en oopbek lag vir die swoeg en sweet van vandag Stel jouself voor as bekend en knik jou kop as jy sê ja wag 'n bietjie, wag 'n leeftyd tot 'n giggel jou inspireer (terug) 'n Dans saam die duiwe Soos 'n engel wil ek my vlerke uitsprei Sodat my liefde aan jou hart kom raak Maar my aardse foute keer my Regte engele is mos volmaak As ek dan nie saam die engele kan sing Dan dans ek saam die duiwe op die gras Hoe ook al, vir jou wil ek vreugde bring Op elke manier wat jou sal pas Jou liefde maak my vry Ek is nou alles wat en nog altyd wou wees Jy verander die wereld vir my Ek is nou net siel, vergete is die vlees Terwyl ek op die maat van musiek sweef Koer die duiwe 'n liefdeslied Jy is die rede waarvoor ek leef maar liefde is al wat ek jou kan bied (terug) SPROKIE Net… my oë begryp die swartnag se sprankelgode aan die eensaam-een-kantlyn sien ek die oseaan se blou en laat my dit nou verstaan, waarom is die kennis verbode en slinger die raaisel dronk, dronk om jou Briesend kwaad sal ek bly in woedewinter verkluim my siel in die grys van jou oë het 'n hart 'n leuen geglo Hulle praat van engele met vlerke wit soos sneeu en praat van 'n man aan kruis gebloei en ek het vir jou in twee geskeur en die vuurvlamme van verlange het my meegesleur tot daar diep Waar ek hoop jy is Waar ek hoop die waarheid rus My prins, jy laat my droë trane huil, want jy wil weet waar sneeuwitjie skuil sy hoer op haar eie troon laat begeerte groei Kom vinnig vyand gedagtes….nader… dis tyd om oor hierdie lewe te vergader…. nader…tot die slotsom gekom dat daar gif in jou are vloei en ek skreeu, vir, na, oor, vir jou jy spoeg woorde uit, braak oor my kaalvoete, die waarheid, waardigheid uitgesmyt en nou my prins lê ons verhaal NET IN GOD SE BOEKE (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Mariska Bouwer hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |