Louise Greyling
1. ('n ander soort gedig)



('n ander soort gedig)
Dis 'n ander soort gedig
want jy het gistraand
deur my dop gebreek
en die sagte 'ek' belig

Jy het my uitgelok
met brokkies omgee my nader
laat kruip,
en toe ek jou,
so vlot vertrou

het jy, na aanleiding van my,
my joune gemaak met jou
lippe

Met jou snoet gesnuffel in die
warm holte van my nek,
het jy my help ontdek
hoe vroulik ek kan wees.

Jy,
het laas nag,
gesorg vir die sagte trek
om my mond vandag...

(terug)