![]() |
| Loria Hayes |
|
1. nemesis
|
|
nemesis ek soek vervaard na woorde om hierdie ontluiking te beskryf: die kerngevoel wat weer en weer my hart beredder- dit gaan in teen al my valse vastigheid; wat ‘n verraderlike binneste! hier staan ek, ontredderd, verlore in ‘n see van oorgawe van dinge wat ek lank, langer opgesluit in die newels van onderbewussyn wegbewaar. ontbloter bloot omdat dit jou oë is wat kyk naak in die worsteling van nugter verstand en oorblufte erkentenis wat drang na uitbars ontsnapte gevangene van my eie slot en grendel jubel dit klankend deur my kop ek wil alles om my afbreek en weerloos wees weerloosloos (terug) Pouvere groen en goud stik die handgevormde vere en gooi rooi en swart kolle teen die skaduwee iewers sal ‘n reenboog vorm uit hierdie gemors van kleure is dit ‘n wete of ‘n wens? -die groue of die geel; die pou is verward - ken nie haar eie vel nie, iemand het haar ‘n leuen versin vir ‘n slaaptydstorie: poue kom van grysgewone stadsduiwe af! die waaier wind teen die seer van uitval en uitvoel het êrens by iewers nooitgevind gebly. en eenkant sit ‘n lelike voëltjie sonder voel, weggewoel van wat almal dink dat sy sou wees. koningsblou bars uit die nate van die son se kou, oranje speel weldadig hoog soos ongeknelde vlamme: die spieel wys fleur maar die binnekant is rou. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Loria Hayes hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |