Loria Hayes
1. nemesis

2. Pouvere



nemesis
ek soek vervaard na woorde
om hierdie ontluiking te beskryf: die
kerngevoel wat weer en weer my hart beredder-
dit gaan in teen al my valse vastigheid;
wat ‘n verraderlike binneste!
hier staan ek, ontredderd,
verlore
in ‘n see van oorgawe van
dinge wat ek lank, langer opgesluit in die newels van
onderbewussyn wegbewaar.
ontbloter bloot omdat dit jou oë is wat kyk
naak in die worsteling van nugter verstand en
oorblufte erkentenis wat drang na uitbars
ontsnapte gevangene van my eie slot en grendel
jubel dit klankend deur my kop
ek wil alles om my afbreek
en weerloos wees
weerloosloos

(terug)


Pouvere

groen en goud
stik die handgevormde vere en gooi rooi en swart kolle
teen die skaduwee
iewers sal ‘n reenboog vorm uit hierdie gemors van kleure
is dit ‘n wete of ‘n wens?
-die groue of die geel;
die pou is verward - ken nie haar eie vel nie,
iemand het haar ‘n leuen versin vir ‘n slaaptydstorie:
poue kom van grysgewone stadsduiwe af!
die waaier wind teen die seer van uitval en uitvoel
het êrens by iewers nooitgevind gebly.
en eenkant sit ‘n lelike voëltjie sonder voel, weggewoel
van wat almal dink dat sy sou wees. koningsblou
bars uit die nate van die son se kou,
oranje speel weldadig hoog soos ongeknelde vlamme:
die spieel wys fleur maar die binnekant is rou.

(terug)