![]() |
| Lindie Tolmie |
|
1. DIE KWEPERLAT
|
|
DIE KWEPERLAT Ek rem my slakkepas, toe teen 'n kweperlat. Ek val my agterkwart, die nerwe amper af. Verfoei is jy, jou bruin stuk hout! Van jou sal ek nog ketties bou! Vure sal knetter, jou krombeid verpletter, tot as sal jy smeul, en oor stof sal ek neul. Dalk liewer gebruik vir eendag ,vir oudag. Indien seniellheid my lewe beledig. Jou straf kan jy uitdien, jou las kan jy dra. Geslagte na my,kan maar na jou vra. Dalk more, dalk later het ek beter raad, maar nou is ek bloedrooi van al die gepraat. Dalk more as ek jou in stukkies kan breek, dalk more vergeet ek van al die gesweet. Waarlik, ek het al so baie gepreek, dalk beter as ek net van jou kan vergeet. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Lindie Tolmie hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |