Leon Rossouw
1. Soos skape

2. Jy glimlag

3. Sigaret

4. Iets groter as ons

5. Die stad grom vanaand



Soos skape
sluipers agter sluiers
prewel woorde van genot
uit donker hoeke van klein kamers
waar die waarheid le en vrot

soos skape...

sade van onkruid
word geplant in elke oor
en in spense van die kop
word die eind produk gestoor

soos skape...

slawe van die norm
word met slinkse leuns besmet
en is tevrede met die oorskied
want die feesmaal word belet

soos skape...

soos denklose wesens
word als geglo wat ander se
en sonder skroom of om te huiwer
wil elke dwaas dieselfde he

soos skape.

(terug)


Jy glimlag

Jy glimlag soos van tevore
Maar dit is nie vir my nie

Ek spartel met die realiteit
Maar die gedagtes gaan nie verby nie

Dit dryf my teen die mure
Dit sny soos 'n geslypte lem

Dit gryp en skeer en wurg
en weerhou die asem van my stem

Hoe is dit regverdig?
Hoe kom dit so maklik op jou neer?

Ek probeer dit vergeet
Maar in 'n oogslag kom dit weer

En steeds bly ek sinkend spartel
teen 'n vloed wat ek nie kan wen nie

En steeds bly jy glimlag
Maar vir iemand wat ek nie ken nie

(terug)


Sigaret

Soete silwer wasem
van gemaalde goue blaar
Verdun die suurstof in my asem
soos jy jou krankheid in my baar

Klein silindriese lawing
met kooltjie wit warm, gloei
soos ek stook aan my verslawing
en jou kanker in my broei

(terug)


Iets groter as ons

Ons pole is dieselfde
Onwillig om te verskyf
Twee magnete met 'n sinonieme halfte
Bly ons konstant mekaar verdryf

Ons het lankal ophou luister
Maar steeds bly ons nog hoor
En woorde het die oogmerk uit geduister
Want die verklaring bly ons net een voor

Op soek na lank begaande foute
Delf ons in skagte van die siel
En somtyds net so uit die bloute
Vind ons 'n antwoord in die spieel

Ons vermy realiteit
Want 'n droombeeld hou ons gebind
En kruip ons weg vir die verwyt
Tot die werklikheid ons vind

Maar ons bly hinker na mekaar
Al le die pione omgeslaan
Wil ons nog herineringe vergaar
As on mekaar net kon verstaan

Maar ons veg teen iets wat ons nie ken nie
Iets hoogs ongewis
Iets wat nie een van ons kan wen nie
Iets wat groter as ons is

(terug)


Die stad grom vanaand

Die stad grom vanaand.
Hy stamp en skuur en stoot.
En kletter klingel geluide
bots teen gebou grys soos lood

Die stad grom vanaand.
Metaal bloed vloei deur elke aar.
En met vromelende klappe
word sy offers op gegaar

Die stad grom vanaand.
Deure word rammelend gesluit.
En mens gemaakte oë
hou die ongewensde uit.

Die stad grom vanaand.
Hy trek skimme na sy hart.
En verf kleurvolle reenboë
met skakerings wit en swart

Die stad grom vanaand.
Liggies word die nag se son.
En lok klyn naiewe motte
tot in sy lokval van beton

(terug)