![]() |
| Leon Rossouw |
|
1. Soos skape
|
|
Soos skape sluipers agter sluiers prewel woorde van genot uit donker hoeke van klein kamers waar die waarheid le en vrot soos skape... sade van onkruid word geplant in elke oor en in spense van die kop word die eind produk gestoor soos skape... slawe van die norm word met slinkse leuns besmet en is tevrede met die oorskied want die feesmaal word belet soos skape... soos denklose wesens word als geglo wat ander se en sonder skroom of om te huiwer wil elke dwaas dieselfde he soos skape. (terug) Jy glimlag Jy glimlag soos van tevore Maar dit is nie vir my nie Ek spartel met die realiteit Maar die gedagtes gaan nie verby nie Dit dryf my teen die mure Dit sny soos 'n geslypte lem Dit gryp en skeer en wurg en weerhou die asem van my stem Hoe is dit regverdig? Hoe kom dit so maklik op jou neer? Ek probeer dit vergeet Maar in 'n oogslag kom dit weer En steeds bly ek sinkend spartel teen 'n vloed wat ek nie kan wen nie En steeds bly jy glimlag Maar vir iemand wat ek nie ken nie (terug) Sigaret Soete silwer wasem van gemaalde goue blaar Verdun die suurstof in my asem soos jy jou krankheid in my baar Klein silindriese lawing met kooltjie wit warm, gloei soos ek stook aan my verslawing en jou kanker in my broei (terug) Iets groter as ons Ons pole is dieselfde Onwillig om te verskyf Twee magnete met 'n sinonieme halfte Bly ons konstant mekaar verdryf Ons het lankal ophou luister Maar steeds bly ons nog hoor En woorde het die oogmerk uit geduister Want die verklaring bly ons net een voor Op soek na lank begaande foute Delf ons in skagte van die siel En somtyds net so uit die bloute Vind ons 'n antwoord in die spieel Ons vermy realiteit Want 'n droombeeld hou ons gebind En kruip ons weg vir die verwyt Tot die werklikheid ons vind Maar ons bly hinker na mekaar Al le die pione omgeslaan Wil ons nog herineringe vergaar As on mekaar net kon verstaan Maar ons veg teen iets wat ons nie ken nie Iets hoogs ongewis Iets wat nie een van ons kan wen nie Iets wat groter as ons is (terug) Die stad grom vanaand Die stad grom vanaand. Hy stamp en skuur en stoot. En kletter klingel geluide bots teen gebou grys soos lood Die stad grom vanaand. Metaal bloed vloei deur elke aar. En met vromelende klappe word sy offers op gegaar Die stad grom vanaand. Deure word rammelend gesluit. En mens gemaakte oë hou die ongewensde uit. Die stad grom vanaand. Hy trek skimme na sy hart. En verf kleurvolle reenboë met skakerings wit en swart Die stad grom vanaand. Liggies word die nag se son. En lok klyn naiewe motte tot in sy lokval van beton (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Leon Rossouw hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |