Leandra Joubert
1. Sigaret diagnose

2. Jy stuur die foto...

3. verdink in geestesblou...

4. Huilende nar



Sigaret diagnose
Vir Chanmari

terloops nog 'n sigaret?
nikotien dring die naakte siel binne
saans wil ek losruk soos
besetende en
kaal neerval en verdof

wat is smart as psigiaters
woed en seer
ewekansig sien

kla? nee, geen pyn,
mooi liggie, o
skone rou

woorde met geen sin
drygend goddeloos
sterwe?
nee, geen pyn,mooi liggie
o skone rou

krag van wrede woel
maanbleek tot hel
ingetroon

bang? nee, pyn
mooi liggie..
o skone rou - pyn!
nee! pyn?

verdof in die verte
vir oulaas nou

o, ja terloops nog 'n sigaret.

(terug)


Jy stuur die foto...

jy stuur 'n ou foto
met tye daaraan geweef

jy stuur dit so
met 'n ander hand

jy vermink my binneste
en maak my misluk

ek skree in my yslyk
jy gee my nie rus

jy maak my sieklik-dodend
jou skote kwes

my amper heel wonde
tot bloed daaruit peul

jy hou my siel in
glastralies

my stem bewend brakend
iets in my sterf!

jy laat my beswyk
die foto is lankal verby...

(terug)


verdink in geestesblou...
Met my hande vas teen my bors geslaan
in die diep donker van die nag
Sak ek stadig
Tot stilte

Bewonderend sien ek die geestesblou
Die eensame vrou...

Met hare wild en verwilderend
Met my droewige kleed
Sak ek stadig
Tot stilte

Die blou van die gees
Verdwyn sagkuns
Soos die asem van die vrou
Tot sy stadig sak
In stilte

Diep – in ‘n waterpoel…
Diep in die see
Het haar drome
Gesak

Waarom nie haar siel?

Kan sy...
Verdrink
in geestesblou...

Verdrink?

(terug)


Huilende nar
Ek is die huilende nar
Wat grootoog na jou staar

Met ‘n lag kon ek almal verraai
En so doelbewus die waarheid verdraai

Ek is die nar wat stadig sing
Ek is die een wat vreugde bring

Ek is ‘n nar wat rooi bebloed
Na almal om my roep

Ek is die huilende nar
Wat grootoog na jou staar

Met wange vol van liefde
Maar alleen sonder ‘n geliefde

Ek is die nar wat eensaam waak
Terwyl ek almal bang maak

Ek is die huilende nar
Wat grootoog na jou staar

(terug)