![]() |
| Landi Koekemoer |
|
1. As Als Verby Is 2. Jy vra en ek sê eerder niks
|
|
As Als Verby Is Ek sien jou daar - alleen En elke deel van my liggaam wil daarteen veg Die onvermydelike - die teenstrydige die werklikheid van die laaste paar dae Want hoe weet ek jy kan my hoor Hoe weet ek dis nie als verniet Die aanhoudende vrae en dan my eie antwoorde Die wit mure skree teen my vas En ek wil dit stilmaak Want dit vererger die twyfel Want hoe moet ek deel in die kliniese eenheid terwyl dit ruis in jou gedagtes En ek verswelg raak deur die stilte van myne Ek ek probeer weer glo En ek hou vas aan die oomblik Tot jy weer wegdryf En vergeet van ons wat hier agter staan (terug) Jy vra en ek sê eerder niks Hierdie is nie 'n song of gedig, Dis 'n gedagte van ouds - Dis gedagtes oor jou, oor my, oor ons Gedagtes verpletter, verniel in die stof Ek klap nie na jou hand Of sny in jou hart Ek wil slegs vir jou vra Om dalk die volgende met jou te dra Jy weet nie waar jy is Wat nog van waar om te rus Eenmaal het jy liefgekry Ook moes jy omdraai, want seer't jy gekry 'n Meisie van jou drome Dalk die een in jou hart Jy't weer liefgekry, vir 'n ruk 'n Paar keer. En elke keer was dit weer 'n strik Want sodra jy voel jy's verby die vlinders Is die gevoel verby En tyd om haar te bevry Want wie sal weet Van 'n ander se leed As jy die een kan laat gaan Terwyl nog een kom staan Wat gaan dit my aan Mag jy dalk wel vra Die verduideliking is daar Minder sentimenteel Want die seer van woorde Was nog nooit aanskoulik Jy kry lief en kyk op Jy vra vir vergifnis en ontvang dit Jy bid en vra krag Jy speel en jy lag Jy praat van tye Van bekering Van verandering Van nuutontdekkinge Van beloftes Van liefde En gee als dan weer weg Jy glo net in liefde vir 'n wyle of twee 'n hoofstuk in jou lewe – niks verg dan mos meer Want elke meisie is 'n nuwe droom Die regte ikoon, die waarvoor jy wag Want hoeveel maal meer Gaan jy 'n meisie moet keer Om saggies te huil Iewers te skuil Of om die stukke wat oor is te probeer red En dit voel of fout vind Moet deel wees van my siel Want hoe kan iets perfek Verdwyn, verniel, en die sentiment verniet Keuses was daar wel gemaak Sonder toekoms want joune was verstel Hierdie is nie 'n song of gedig, of 'n hartseer sug Dis 'n gedagte van ouds - 'n stem en 'n spook Hoeveel keer gaan 'n meisie probeer om jou liefde te wen Dit voel soos 'n toeskouer sport (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Landi Koekemoer hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |