Jurgen Els
1. Bekrap...

2. Proe



Bekrap...
Toe ek die blanko blaai bekrap
toe.
nou.
die een...
toe ek begin het was hy wit,
wit maagd papier verwoes, verwoes deur my vuil swart merke
merke van niks, merke van mens geskepte simbole wat eintlik maar niks is en tot niks sal vergaan.
so kom saam met my, kom,kom ons skep algemene oplossings vir ons algemene probleme..
kom, kom ons skep
ons skep lewe,
ons skep dood
kom, kom ons maak voetspore in die sand
want ons skep,
skep waardes, geloof,normes selfs mense
kom ons verbeel ons dat ek is god,god want jy is die duiwel,die duiwel van my eie realiteit.
wil iemand nie maar hierdie gedig misintrepiteer nie?
dit sal perfek pas in 'n misinterpreteerde wereld.
'n wereld van stof
'n wereld van grond
so kom, kom ons lag,lag 'n slag,
lag vir ons eie geskepte probleme.
toe ek die blanko blaai bekrap...

(terug)


Proe

proe,proe net
proe my wyn
my soetwyn
my droëwyn
my blydwyn
my pynwyn
to my wyn
want deur seisoene geoes
stories verweef in my druiwe sap-sap wyn
so proe, proe net
proe my kultuur.

(terug)