Joseph Slabbert
1. My pa het my seer gemaak!



My pa het my seer gemaak!

Met my denke van verlede,
word my siel verskeurd en swaar
en ek dink aan my gebede,
Ja, ek was in groot gevaar.

Ja, U weet van al my sorge,
Dit wat ek alleen moes sien,
En die duiwel met sy borge,
God, het ek dit dan verdien?

Ek probeer die tye afskeur,
Van die lewe wat daar was,
Met [n kop vol selfmoord denke,
So alleen in sak en as.

Daar was niks meer vir my oor nie,
Net die wereld wat my help,
Om my lewe te vernietig,
Met die drugs en drank en geld.

In die tye wat verby is,
Was daar dinge wat erg was,
Maar die een ding van my vader,
Lê in skerwe soos 'n glas.

Hoe kan ek hom dan vergewe?
Hoe kan ek met hom versoen?
Kyk die skare op my lewe,
Ons verhouding is verdoem.

Met myself in redenasie,
Het my hart probeer vergeet,
Want hy het my kindsfondasie,
Saam met satan opgevreet.

Dit wat hy aan my gedoen het,
Kan ek nie eens oorvertel,
Dis so erg wat hy bewerk het,
Ja my lewe was die hel!

Ek’t geroep, maar daars geen antwoord,
Ek’t geskree, die pyn was groot,
Dit was tye van verwerping,
Ek’t gewens ek was maar dood.

En die tyd toe hy kom steel het,
Ek’t so baie daar verloor,
Ek was moeg, maar daar was geen bed,
Hy’t my siel en gees versmoor.

Ek het innerlike trane,
In my binneste wat skree,
Soos n wedloop sonder banne,
Hartseerpyn met elke tree.

Ja, my kindertyd was 'n harde tyd,
As die maatjies drukkies kry,
Dan kom pa met sy wreedaardigheid,
En loop sy seun verby.

Ja, my ma moes ook die houe vat,
As my pa haar dan verniel,
Sy’t gelê met moegheid en was sat,
Kyk hoe draai die lewenswiel.

Met 'n kop wat nie wou reguit dink,
En 'n hand op nat gesig,
Was dit moeilik om weer op testaan,
Maar ek weet dit was my plig.

Nou, my Vader ek is klaar met dit,
En ek weet U hoor my nou,
Ek kan nie na my toekoms streef ,
As die verlede my vashou.

Eks nie seker hoe U dit gaan doen nie,
Om die vloek van my te breek,
Ek's bereid om dit nou af te lê,
Ja, ek laat dit in die steek.

Ek weet U kan my nie verlos
en vergewe as ek swyg,
Maar my mond sal nou vergifnis spreek,
En my hart sal saam getuig.

Ek wil U dan in my lewe nooi,
Ek wil U Groot Gees ontvang,
Maar dis moeilik om dit uit te spreek,
Ek is hartseer en nog bang.

Ek kom voor soos yster-hard gebak,
Maar hier binne sag soos klei,
Kan my spons in U rivier insak,
Kan U woord in my kom bly?

Op my knieë sit ek en bely,
Ek vergewe my pa se werk,
En die woede wat hier in my lê,
Is die duiwel se grasperk.

Ek verwerp jou woede in my hart,
Want my pa is nou vergeef,
Eks getrap-gebreek in al my smart,
Maar ek weet die Here leef.

En die haat in my staan teen my pa,
Maar ek sê jou, jy moet gaan,
Dis die duiwel wat so mens beheer,
Om te doen wat hy verstaan.

Ja, hy het my lewe so verwoes,
Maar ek weet dis satanswerk,
Want die yster in my het geroes,
Kyk, my lewe dra die merk.

Ek vergeef hom, en ek spreek hom vry,
Want die Here sê vir my,
As ek dit doen sal God by my bly,
En Sy Gees sal my kom lei.

Nuwe vriende staan my kringe vol,
Al was my lewe swart,
U vergifnis was my wit soos wol,
Oppereer n nuwe hart.

Vergewe my vir wat ek doen,
En die dinge wat ek dink,
En die woorde wat ek spreek-verdoem,
Laat my lewe ook dan blink.

Ja ,die Jesus wat ek nou leer ken,
Het my pa ook self vergeef,
God het my gehelp om hom te wen,
Sodat ek weer kan herleef.

Soos n hontjie in die pad wat blaf,
Staan U woorde pertinent,
U sal hom nog in die toekoms straf,
En dit kos my nie 'n sent.

Ek gun nie dat hy seer sal kry,
Maar net dat hy sal weet,
Dat die oe van God gaan nie verby,
En die vlees kan jou opvreet.

Kom verlos my en herstel my,
By my vrou en by my kind,
Met die bloed van Jesus,was my,
Dan is ek aan U verbind.

Ek’t getwyfel dat U my hoor,
My gebede in die nag,
Want my slaap was glad nie soet nie,
Soos die duiwel my uitlag.

En vir my het U n groot plan,
Want ek kom deur hel en bloed,
Maar U het my wragtig raakgesien,
Ek was sleg, U maak my goed.

Dankie vir verlossing,
En n vrou wat my waardeer,
Ek kon nie altyd sien nie,
Maar ek eer haar nimmermeer.

Sy is my wederhelfde,
Met ons kind reg uit my hart,
Maar ek is nie meer dieselfde,
U maak my sag, ek’s nie meer hard.

Is dit nie wonderbaarlik,
Hoe U lewens restoreur,
Ek kon hom nie vergewe,
En ontslae raak van die die seer.

Maar my God was my genadig,
En het my pyn raak gesien,
en al was ek baie stadig,
het die Lam die kruis verdien?

Ja, vir my het Hy gesterwe,
En Sy bloed vir ons gelos,
Nou kan ek van Hom erwe,
Ja, Sy Woord is nou my kos.

Ek weet nou wat ek deur is,
Was om ander optebou,
Om vir mense wat geen hoop het,
Op Sy Woord te laat vertrou.

(terug)