Johann Wannenburg
1. SAGARMATHA



SAGARMATHA
Hier, waar kontinente teen mekaar wil opstaan
Verdwaal tussen berge van onmeetbare skaal
Waar die skeppingsdaad opsigtelik voortgaan
Kan geen mens hom by homself bepaal.

In die skadus van die Himalayas
Teen die wand van die diep valleie
Woon daar die legendariese Sherpas
Hul leefwyse meer wys as ons eie.

Hier werk geen masjien of voertuig
Draai die gebedswielle altyd links om
Leef mens nederig en eenvoudig
Om Mani Padme Hum

Salig is ons wat op hierdie pad gaan
Met elke tree verander ons harte
Tot ons in verwondering gaan staan
Aan die voet van Sagarmatha.

(terug)