Johan du Preez
1. Laaste Somerbui

2. Via Dolorosa

3. Skrywers Glock



Laaste Somerbui
Oor die blou lug dans die wolke heen,
die soetste somer wals.
Op die ritme van die koel wind teen,
'n dieprooi skemer glans.

Net vir jou wil ek my laafnis gee,
vir tyd om stil te staan.
Dan kaats ons laaste soen heimwee;
so suiwer soos 'n traan.

(terug)


Via Dolorosa

Op die weg van smarte.
Het toe Jou lot onthul:
vir al Jou verlore harte
se bloeddorstigheid te stil!

Moes Jy Jou liefde weë.
As oneindig die bewys:
deur Jou Seun se lewe gee
om al hul sondes uit te kruis.

(terug)


Skrywers Glock

Wat skryf ek,
as al die woorde klaar is?
Wat bly oor,
as al die rym gepaar is?
Net 'n stuk papier,
ongevlek, en ongeskonde.
Droë bloed om my hart
se oop gapende wonde,
en 'n pen wat nie kan beskryf!
Hoe lief ek jou gehad het,
voor jy my verlaat het.
Vir 'n plek waar woorde,
nie meer saak maak nie...

(terug)