![]() |
| Johan Marais |
|
1. Ek en Jy
|
|
Ek en Jy Kom ons gaan plak...ek en jy Waar ons eina en seer kan vermy Waar die daeraad ons nie ken Waar daar niks is om ons vas te pen. Waar die mores 'n vreugde is Waar niemand ons verledes wis Waar ons die aande ons eie maak Waar slegs vrede en geluk ons aanraak. Ek en jy...alleen…alleen...alleen Op ons droomreis na nerens heen Liefde, vrede en geluk Die vrugte wat ons sal pluk. (terug) Plooie Plooie – spore van mamma wees Van snags sit en stories lees Van op die kniee voor God deurbring Van saggies praat en liedjies sing. Van al die gisters se einas en pyn Van al die mores se wensdenkery Haar hart verootmoedig voor God Haar kinders geleer van Sy gebod. Van trane wegpik in die nag Van hartseer en van lag Van bekommer oor wat gaan gebeur Van hart oopmaak voor die Heer. Van werk en kinders grootmaak Soms alleen maar dit was haar taak Nooit gesê ek sal dit nie doen Met haar liefdesopdrag het sy versoen. (terug) Sagte Bries Soos ‘n sagte briesie het dit begin ‘n Tere gevoel…hier diep binne in Saggies en teer het dit na buite gekom ‘n liefde …soos ‘n lelie oopgeblom. Dit wat ek hier binne vir jou voel Is skoon en rein…opreg so bedoel Jy is die een waarna ek smag Met liefde koester elke dag. Mag dit wat tussen ons ontwaak Ons soos die daeraad in reinheid aanraak Mag die einas en seerkry van die verlede Vergete raak …in hul plek…geluk en vrede Met respek en liefde sal ek jou bemin Net eerbied en ootmoed aan jou bring Mag God ons toekoms seën Met krag en liefde…op ons paaie heen. (terug) My gebed Soms wonder ‘n mens Soms ‘n gedagte en soms ‘n wens Wat het geword van die droom Of is geluk net ‘n idioom. Ek het liefde en geluk van God gevra ‘n Vrou wat my op die hande dra. Hy het my so iemand gegee Maar my optrede het dit uitgevee. Hoekom kom die vreemdeling na vore Is geluk my nie beskrore Kan ek nie dan nie geluk waardeer Dit kom dan van onse Heer. Ek sal wat wou gee Om die pyn en hartseer weg te vee Om die liefde en geluk Met vrede in my te kan pluk. My gebed vanaand, o Heer Leer my om ‘n vrou te waardeer Om vir haar te gee Liefde, geluk en vree. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Johan Marais hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |