![]() |
| Johan Baruch Harosh |
|
1. Verkeer
|
|
Verkeer Blink staalstrome rokende riviere opgehoopte ongeduld aansluitende instromende frustrasie bane flitsende lawaaierige sirene vergeselde blouligte, rooiligte kronkelende rooi en wit slange vrot gasse uit knorrende ingewandes inhokkende sement en teerkanale uitvloeiende kleinerwordende systrome rooikolletjie groenpyltjie groenkolletjie geelkolletjie rooikolletjie… beheergek manipulerende aanwysende instruksiegewende halfskeefgestampte paal jakaranda omsingelde stopteken kinders met ‘n bal brood en melk enkelbaanoprit huis toe alleen (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Johan Baruch Harosh hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |