![]() |
| Joany-Ann Campher |
|
1. Naamlose Gedig
|
|
Naamlose Gedig God uit God gebore ek net mens, verlore Heilig Heilig God drie enig stof tot stof ,ek vir ewig wie is ek , ek maar mens dat Hy Sy heiligheid my wil maak Sy tent Gewer van die lewe alles meesterlik beplan haal asem ,aarde bewe Hy wat sterrehemel as tentdoek span Sy heiligheid in my oornag ek sy herberg, ek maar mens stilweg op Sy intrek wag ek Sy tempel krip of grot sal Hy Sy heiligheid in my wil berg ek uitbundig tog innemend joviaal en by tyd ontstemmend wat gebeur as ek sou sterf? (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Joany-Ann Campher hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |