Jeanette de Winnaar
1. Tussen wêrelde



Tussen wêrelde
Uit die donker diepte van sielloosheid,
uit dae van selsug en verraad
bring God jou, bring God my.

In 'n oomblik wat 'n honderd jaar duur
leef ek voort in onkunde.
Ek smeek wysheid,
tog bly ek 'n leek.
Ek roep na God vir verlossing
tog bly my oë aan jou hang.

In die helderheid van groot genade
in dié onverdiende verlossing
neem God jou in, neem God my in.

(terug)