![]() |
| Je-zelle De Kock |
|
1. Ek's verlore in woorde
|
|
Ek's verlore in woorde Ek dwaal langs 'n pad waar trane heeldag spat. Ek hou van die maan ek raak sielkundig gedaan. Ek is deurmekaar maar my gevoelens bly waar. Ek was alleen maar dis so oor die algemeen. Ek het jou lief en ek lees elke aand jou brief. Ek wens ek het geweet maar skielik het ek vergeet. Ek mis jou in die dag en ek soek jou in die nag. Hoekom is jy weg? Was lewe vir jou te sleg? Ek wens ek kon jou bel en alles vir jou vertel Jou laaste sms aan my het ons baie gestry. Ek wens ek kan jou sien, jy het dit nie verdien. Jy was so jonk en ons was al baie dronk. Ek wens ek kon jou nog eenkeer vertel jy's my beste pel. My lewe is stil en ek sluk 'n bitter pil. Ek wens jy kon terugkom maar jy's weg, Ek sal vir altyd teen dit veg. Ek groet jou sonder 'n soen, ek wens ek kon dit doen. Maar al wat daar is, is n handjie vol wit roosblare op jou kis, ek sal ons tye saam mis. Ek mis jou pel.... Wens jy kon my nog eenkeer bel (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Je-zelle De Kock hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |