Javan
1. Vakansie Mirage

2. Kaap St Francis Belle

3. MY TWEELING BOESEMVRIEND

4. 50-Duisend Myle

5. Kanker Verwagtinge



Vakansie Mirage
As kind het ons die slapies getel
En jou vriende elke dag gebel
Net om nog meer vir die vakansie te reel
Ons gaan vir ses weke nie ons verveel

Nou as volwassene het niks juis verander
In jou geestes oog gooi jy die sinker agter die laaste brander
En jou hele liggaam sidder en tril met groot verwagting
En krap deur die hengelsak net om te soek na die hengel magtiging

Daar spoel n euforiese endrinalien belaaide ervaring deur jou are
En skep n kinderlike opgewondenheid van- veertig- vroeer jare
N rustigheid maar ook n intensiteit spoel saam n paradoks
Die getui kom in en die golwe klots teen die rots en jou aas-boks

En dan is jy skielik vas met n kneuwel
Wie van ons twee gaan in hierdie geveg sneuwel
Die Daiwa kreun ssos die vis die lyn afloop
Tog so bly jy het die pa-vir-pa kersgeskenk onlangs gekoop
Want nou raak die geveg interesant- intiem-intens
Bly net aan die hoek, weg van die rotse- my grootste wens

Die Shimano boog 3 van sy 4 meter
Hart-gallop, sweet- swoeg en n chesterfield
In die ganse wereld en heelal is daar niks beter
Ook maar bly jy was vanoggend so rojaal met die aanrol shield

Lang, reelmatige af en dan op sleep en in katrol is jou voordeel
Die Mosselkraker duik en dan blits en swenk hy na riwwe en n mossel- rots
Jy het hom al nader na die bruisende sloep gespeel
Sweet stroom soos sout reen en jy voel asof jy gaan kots
Maar dan skielik skep die koning van die grotte, riwwe en diepte
Sy eerste en laaste vars lig

Die wonderlike blink, donker swart grys en oor- groot kop- vis verloor sy vertikale status soos iemand met piepte
Alle erns en intens om nog n keer te probeer vlug
Word in sy gapende maeler-bek en sywaards val
N oorgawe van n ware majestuese opponent
En jy met jou vuis in die lig gebal
Is een van honderde- die gelukkigste vent

Raak net so vinnig diep in jou siel hartseer
Hoeveel van die kneuwels is daar nog
Vrou neem n pronk foto vir die vorentoe jare spog
Spring vinnig af van die rots voordat vrou kan keer
Laat die helende heen-en-weer branders deur die vis se mond vloei

Gelukkig was die geveg skoon en is hy nie aan die bloei
Stadig maar seker kom daar meer lewe
Soos jy, na jou oog operasie en narkose
Hy herstel sy vertikale status maar is nog aan die bewe
En dan skielik vliet hy weg soos iets uit die bose

Deur die welkome bruisende skuim
Jou hele wese uitbundig, vreugdevol en in n eufories luim

Jy skrik wakker daar is nog oor vier slapies...

(terug)


Kaap St Francis Belle
In n knoes boei-ende Kaap st Francis kroeg
sit n sjarmante jong engelse vrou
en haar styf swart leer langbroek skep n sensuele vou
die lig-in-die-broek seun kroegman lyk lewensmoeg
hy het homself al vir ure verveel
hy wil net n bietjie met sy maats poel gaan speel
sy se maar sy sal kan uit help
en staan op met hare wat wuif soos swart-bruin kelp
en vra met n skarlaken rooi mooi mond
enige iemand vir n drankie?
ek tas verdwaas oor my liggaam rond
soekend na n doodskoot wond
en kan net prewel, ja dankie
bestel n vlolroom Monis- sjerrie
hierdie meisiekind gaan nie val vir n bier of n Bloody merrie
haar kenlike swart siel-sienende oe
het geen aanliggende gedefineerde voee
die lyfie is die geykte gegote uurglasie
en haar bruin blink vel
hou belofte in vir uitsonderlike sensasie
haar wit katoen bloes vloei oor haar borsies
soos vanilla roomys oor ryp spanspek porsies
verder gekomplementeer met haar subtiele soet ligaams geur
my hele wese word soos met n sterk seestroom saam gesleur
ons praat oor alles en Nuweland in suiwer Afrikaans-Melkbos
vele meer spelle poel gaan my rande kos
O, my Kaap St Francis Belle,
As ons inner-kinners so graag uitbundig saam wil speel
dan beteken geld nie juis baie veel
jy het my hart en siel verewig in jou vyfster-sel
ons glisters, vandags en mores word verenig in ons ontdekkende pasie-spel

(terug)


MY TWEELING BOESEMVRIEND
Rudyard Kiepling het so reg gedig van die duisendste man
en van die ander 999 wat net sal bel vir silver of goud
want my vriend is niks minder as my kos se sout
ons wil mekaar sien, praat en speel, soveel as ons kan
sy hart, bloed en asem
my hart, bloed en wasem
sy intellek so skerp soos n beitel
as ons saam die unieke lewens-waarheid
geesdriftig probeer ontsluit, sonder enige twyfel
en al is dit net ons waarheid
is dit n tydelike rigting-gewende raamwerk
more kap ons verder aan die kosmiese rots
ons passie is wiskunde en hengel
ons getalle en lyne nog altyd ongestrengel
ons suiwer liefde en respek vir mekaar
stuur ons vriendskap skip deur enige dreigende gevaar
sy en my lewensmaat net n vreeslose vreugde
vul onselfsugtig die mikro ander leegte
my siel en tweeling boesem vriend vir altyd
maak my die mees rare rykste mens- wereld-wyd

(terug)


50-Duisend Myle
Woorde wil net vloei
soos ek na murg betekenis snoei
maar die rare en nare middel - jare
kook n nikssegende verlede en prestasie deur my are
vergete al die stomende en egoistiese groot-bul tyd
behalwe in die gedagtes en sy begin om te verwyt
'n onbesonne besoek aan 'n amper kwynende puberteit
en verlore oomblikke hang aan n goue horison
soos aanloklike verbode vrugte altyd buite bereik, al sou jy kon

'n onwilkeurige vlug na grenslose groen vye prestasies
tussen troppe bokkoppe en vrees- aanjaende- etes- in- menasies
glo in n ander man se land behoorlik groot-gat-geskop
en nou in jou eie verewig in die salpeter Afrikaner-sop
op die groen, wit gekalkde gras veld
het jy jou altyd met uitstek laat geld
en die wat hul nou daar wil begewe
moet jou hunkering aan voldoenig in die lewe
deur hul jong beskaafde geesdrif realiseer
sal dit ooit genoeg wees of soek jy nog meer?
Langsaam val n rustigheid en besinnig oor my soos 'n mis gordyn
al wat ek kan sien is myself en ek hoef nie meer kras te basuin
soos n mishoring vir verlore see siele
die 61 model het nog Goodyear Mag-wiele
met genotvolle geduldige 50-duisend myle

(terug)


Kanker Verwagtinge
Daar is n kanker in my land
plase en lewens word woestynsand
en die meedoenlose verwyte
begin by vissers met snoekskuite
Waar is ons Hop- huise?
my brood en melk in ander se kluise
dan bal ek my delta regter vuis op na die hemel
en die slapende dorp nou n mier-nes-wemel
Die knaende donker angs van more
baar briesende barbarse kore
O Vader, wie gaan vir my kinders sore

(terug)