![]() |
| Jan Jordaan |
|
1. Die towerwoud
|
|
Die towerwoud Knightswood is n towerwoud met sy eie deur wat toegang bied aan die wat van sprokies wil leer Met die instap deur die kosyn, het ons kindertjies verdwyn om dan sommer weer tussen die blare en blomme soos feetjies te verskyn welkom ..welkom word ons ingeroep om saam onder skadu’s, op sagte woud bedekte vloer, te hardloop, te dans en dan rustig na hulle te loer Dan kom die woude prins sy teenwoordigheid verklaar met ‘n arm swaai , swaard flitsende, gebaar saggies kom die feetjies met vlerke-rokkies van rooi en pink en blou om jou hand te vat en styf vas te hou want die ou heks is ook iewers in die bos en sy sal oupa steel as ons laat los Hulle laggies weerklink soos klokkies-spel wat as jy dit kan ontsyfer jou die allermooiste sprokies vertel So sweef ons weer terug na die werklikheid onder sagte heerlikheid Met die toesluit van die hek, verlang ek skielik weer na daardie plek Waar jy towerprinse,feëtjies en ook hekse kan ontdek Fluit fluit (terug) Een perd - een beminde Prins was sy naam, uit Vlaandre se friesperd faam Sestien hande hoog het hul my gesê En toe het hul my gevra, “Is jy seker jy wil hom nog hê”. So het hy op die plaas en in my hart kom bly altyd gewillig om sy hoewe te lig as ek hom ry altyd my vriend en tot nou my getroue kameraad geleer bymekaar met tyd in woord en daad Saam het ons twee altyd jakkalse gejag en die meerkatte het altyd gebly in die slag Ek en my perd op wie se rug ek ure kon ry net ons twee ongebonde en vry Soms net gery deur die soutpanne na die hoogte langs die pan en inspeksie gaan hou daar by die versteekte grotte van die ou Engelsman Legende het dit - daar is goud versteek maar ons mag die wette nie verbreek en ja, dit was 'n gevaarlike terrein en in so geval moet jy dink met jou brein Dan weer op 'n galop deur die driffie na Sewefontein om haar te besoek wat my hart so laat borrel en ook in ekstase kan laat pyn Skoon kortasem as ek 'n wye draai maak deur die hek en ek wonder by myself maak die liefde dan nou in my hart nog ‘n plek Ek sien haar sit in haar alleenheid terwyl sy staar na die eende wat stadig hul pad vind deur die water op die dam en in my hart juig die mooiste gesang Vanaf Prins se rug kan ek net na haar staar en sien hoe die wind met elke draai deur haar golwende hare so sag hulle eie paaie waai Haar hare skitter in die kleur van wyn en voel ek hoe my hart krampagtig pyn voor soveel skoonheid - so opreg, so spontaan en rein Die sagte runnik van my perd laat haar vinnig opkyk en dan sien ek haar beeldskone lag en weet vir ons saam begin 'n wonderlike dag Soos die jare wegvloei saam met die eende se pad oor die dam en die onthou al minder raak dan wonder ek weer oor daardie dag Ons dag van saamwees - Dag van bemin... (terug) Wes Transvaal Kan jy onthou toe delwers jou skatte uit wou grou hoe baie van ons het dit berou want hard was die aarde wat jou omvou Niemand het jy maklik vertrou wat klippies uit jou ingewande wou kom haal Met hartseer - met pyn - met sweet - met bloed - moes hul die prys betaal Voor gruisgrond ontbloot en nakend kon lê moes vaalbos, rankruit en onkruid eers weg en dit was vir die God geskape natuur nie goed maar sleg In die herberg van die mooiste klippies het delwers in snikhete son rond en bont gesoek na die een wat vir hul kon bring daardie bietjie voorspoed Wanneer die siwwe so ruk en rol en skeiding bring tussen sinneloos en waardevol sien jy die hartseer op die gesig wat aandagtig na die sifbak staar sonder om enige glans daarin te gewaar Jou groottes het jy goed verberg en almal heeltyd met net die heel kleine blinkertjies geterg Toe kom die nuwe geslag met dozers en met brute krag want dit was in die rykes se mag om die mooistes uit te haal Eenkant ver-weg het gestaan die delwers met trane wat biggel oor geplooide sonverbrande gesigte - hartseer oor die groottes wat deur die dozers ontbloot is Wie kan weerstaan daai glans soos kristal Halleluja! Want die Skepper van diamant klippies heers steeds oor die groot heelal! Fluit - fluit (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Jan Jordaan hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |