Jan Jordaan
1. Die towerwoud

2. Een perd - een beminde

3. Wes Transvaal



Die towerwoud
Knightswood is n towerwoud met sy eie deur
wat toegang bied aan die wat van sprokies wil leer
Met die instap deur die kosyn, het ons kindertjies verdwyn
om dan sommer weer tussen die blare en blomme soos feetjies te verskyn
welkom ..welkom word ons ingeroep om saam onder skadu’s,
op sagte woud bedekte vloer, te hardloop, te dans en dan rustig na hulle te loer

Dan kom die woude prins sy teenwoordigheid verklaar
met ‘n arm swaai , swaard flitsende, gebaar
saggies kom die feetjies met vlerke-rokkies van rooi en pink en blou
om jou hand te vat en styf vas te hou
want die ou heks is ook iewers in die bos
en sy sal oupa steel as ons laat los

Hulle laggies weerklink soos klokkies-spel
wat as jy dit kan ontsyfer jou die allermooiste sprokies vertel
So sweef ons weer terug na die werklikheid
onder sagte heerlikheid
Met die toesluit van die hek, verlang ek skielik weer na daardie plek
Waar jy towerprinse,feëtjies en ook hekse kan ontdek

Fluit fluit

(terug)


Een perd - een beminde
Prins was sy naam,
uit Vlaandre se friesperd faam

Sestien hande hoog het hul my gesê
En toe het hul my gevra,
“Is jy seker jy wil hom nog hê”.

So het hy op die plaas en in my hart kom bly
altyd gewillig om sy hoewe te lig as ek hom ry
altyd my vriend en tot nou my getroue kameraad
geleer bymekaar met tyd in woord en daad

Saam het ons twee altyd jakkalse gejag
en die meerkatte het altyd gebly in die slag
Ek en my perd op wie se rug ek ure kon ry
net ons twee ongebonde en vry

Soms net gery deur die soutpanne
na die hoogte langs die pan en
inspeksie gaan hou daar by die
versteekte grotte van die ou Engelsman

Legende het dit - daar is goud versteek
maar ons mag die wette nie verbreek
en ja, dit was 'n gevaarlike terrein en in
so geval moet jy dink met jou brein

Dan weer op 'n galop deur die driffie na
Sewefontein om haar te besoek wat my
hart so laat borrel en ook in ekstase kan
laat pyn

Skoon kortasem as ek 'n wye draai
maak deur die hek en ek wonder by
myself maak die liefde dan nou
in my hart nog ‘n plek

Ek sien haar sit in haar alleenheid
terwyl sy staar na die eende wat stadig
hul pad vind deur die water op die dam
en in my hart juig die mooiste gesang

Vanaf Prins se rug kan ek net na haar
staar en sien hoe die wind met elke draai
deur haar golwende hare so sag hulle eie
paaie waai

Haar hare skitter in die kleur van wyn en
voel ek hoe my hart krampagtig pyn voor soveel
skoonheid - so opreg, so spontaan en
rein

Die sagte runnik van my perd laat haar
vinnig opkyk en dan sien ek haar
beeldskone lag en weet vir ons saam
begin 'n wonderlike dag

Soos die jare wegvloei saam met die
eende se pad oor die dam en die
onthou al minder raak dan wonder
ek weer oor daardie dag

Ons dag van saamwees -
Dag van bemin...

(terug)


Wes Transvaal
Kan jy onthou toe delwers
jou skatte uit wou grou
hoe baie van ons het dit
berou want hard was die
aarde wat jou omvou

Niemand het jy maklik
vertrou wat klippies uit
jou ingewande wou kom
haal

Met hartseer -
met pyn -
met sweet -
met bloed -
moes hul die prys betaal

Voor gruisgrond ontbloot en
nakend kon lê moes vaalbos,
rankruit en onkruid eers weg
en dit was vir die God geskape
natuur nie goed maar sleg

In die herberg van die mooiste
klippies het delwers in snikhete
son rond en bont gesoek na die
een wat vir hul kon bring daardie
bietjie voorspoed

Wanneer die siwwe so ruk en rol
en skeiding bring tussen sinneloos
en waardevol sien jy die hartseer
op die gesig wat aandagtig na die
sifbak staar sonder om enige glans
daarin te gewaar

Jou groottes het jy goed verberg en
almal heeltyd met net die heel kleine
blinkertjies geterg

Toe kom die nuwe geslag met dozers
en met brute krag want dit was in die
rykes se mag om die mooistes uit te
haal

Eenkant ver-weg het gestaan die
delwers met trane wat biggel oor
geplooide sonverbrande gesigte -
hartseer oor die groottes wat deur
die dozers ontbloot is

Wie kan weerstaan daai glans soos kristal
Halleluja! Want die Skepper van diamant
klippies heers steeds oor die groot heelal!

Fluit - fluit

(terug)