Jaco Jacobs
1. Die wind… ‘n gedig vir Frikkie

2. Die Swart Ballerina



Die wind… ‘n gedig vir Frikkie
Ek soek na jou,
maar al wat ek kry
is die wind
Deur die swart riviere
van ‘n stadskind
soek ek
maar al wat ek kry
is die wind
Deur bouvallige murasies
van lugkastele
wat lank nie meer bestaan nie
soek ek
maar al wat ek kry
is die wind
Droe uitgedroogte blare
hardloop agterna
soos ‘n honger straatbrak
maar al wat ek kry
…net die wind!

(terug)


Die Swart Ballerina
Daar’s ‘n skadu teen die muur…
‘n verteenwoordiger van die dood.
Die swart ballerina doen ‘n vlerkdans
…vir die lewendes.

Haar skraal arms swaai benoud…
soos die swart seile van ‘n boot.
Op ‘n onrustige see
…terug en ruk terug en ruk.

Tip op haar tone trippel sy…
hoek se kant toe in nood.
Pikswart val sy
…en steek ‘n sigaret aan.

(terug)