![]() |
| Jackie Coetzer |
|
1. Beroof
|
|
Beroof Nag se donker -sy aangesig Verbloem Slim sy plan -beraam Vir die uitvoering daarvan, Is ek te blaam Saggies Het mooi woorde Soos soet spanspek Van sy tong afgerol Ek in afwagting -die skurk se leë soen Met morê koms, Is ek -beroof Alle waardiheid -gestroop Sy meester plan Het gewerk Ek my doel vir hom gedien Letsels Kan almal sien -beroof- -kaal- -verniel- -verlate- (terug) Die man op die hoek Hy sit op die hoek Van ‘n besige straat, “kar was vir kos” Sê die handgemaakte plakkaat, Sy oë is dof En hare grys Sy ou langbroek span effe styf, Die dominee ry verby in sy “fancy merc” Maak of hy die eens welgestelde Gemeente lid nie raak sien, Hierdie arm man Het mos nie nou meer ‘n tiende om in te dien, Die son is skroeiend Vreet aan sy gesig, Maar daar is drie honger kinders En dus is dit sy Vaderlike plig, Sy vrou het hom gelos Kon die verkoop van haar kosbare juwele net nie verduur Nou ry sy ook hoogmoedig verby Met haar nuwe “boyfriend” wat hom afkeurend aangluur Vyfuur en die werksdag is verby Daar het nie vandag ‘n kar gestop Leë hande, stap hy swaar moedig terug Met trane wat sy droë keel wurg, Ses pare ogies verwelkom hom gretig tuis Hul verwag vanaand rys en vleis, Maar daar is niks vanaand om hul magies mee te stop Al wat hul kan doen is hoop, Dalk kry hy morê ‘n kliënt, En dan is daar ‘n paar sent, Om net die dringende honger Te vervul, Dis sy grootste kommer Die ogies en hul honger... (terug) Wie jy is… Soveel jare later -die waarheid hang grusaam in die lug, -deurboor my hart, met ‘n skerp lem Stadig drup die bloed van jou bedrog -plotsend val die stukke Van ‘n lewe wat eens myne was, Jou woorde – Die uiteindelke waarheid, Het alles wat eens aan my bekend was -verkrag. Die pyn van jou beplande verraad, Verduister my, Omhels my in die wreedheid daarvan -ek is verlore Die man wat hier langs my slaap, Wie se kinders deur my gebaar is -is inderdaad die ware Judas Alles van jou waarvoor ek eens lief was, -verval in die bloed bespatte verlede Want eens joune was, En met die bieg van jou donker geheime -word ek onskuldig betrek -word ek medepligtige Wie jy waarlik is, Bly nou die raaisel Wie jy is… -laat die bloed in my are stol. Bloed bevlekte hande, Soekend oor my lyf – Vir omdraai is dit te laat. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Jackie Coetzer hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |