![]() |
| J. Grobbelaar |
|
1. My Liefste...
|
|
My Liefste... Ek bloei my malende emosies oor jou suisende stilte uit. Jy luister... Ek vind vrede in die krake van jou wysheid Jy verdamp my trane met jou warm waaiende woorde sonbesie akoorde wat my kankerseer amputeer. Jy troos my... Ek wil my opkrul teen jou gladde bruin vel en my siel vir jou hart gee. Jy omhels my... Ek wil jou geur inasem en jou eerlike eenvoud deur my dorre are voel skree. Jy verdoof my... Ek wil jou soen voor ons oe sluit en jou sonpilare verkrummel en jou hemel haar storte oor ons oopdraai Jy glimlag warm en genees my Jy's my liefste Karoo (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. J. Grobbelaar hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |