![]() |
| J.B. La Rouchelle |
|
1. NUWE JAAR
|
|
NUWE JAAR Nog ‘n doef, nog ‘n woef. Dis Nuwe Jaar en terwyl die mens baljaar, staan orent elk’ diere haar. Vir die mens jolyt, vir die dier net spyt. Terwyl die mens lag met vonkelwyn, tjank die hond benoud in pyn. Doef, doef, woef, woef. Dan nog die geblaas van ‘n Vuvuzela, en vergeefs sê jy, my honne gaan lê ma. Selfs die mens wat probeer slaap, gee deur die slaap ‘n gaap. Nog ‘n Nuwe Jaar, dis twaalf uur, vroeg, en netnou staan baie op, moeg. Baie staan veel later op, gewyn, met ‘n helse babelas en hoofpyn. Van al die Nuwe Jaarswense, bly net die moeë mense, en die met pyn. (terug) NET EEN Net een koeldrank, is dit te veel gevra. Net een koeldrank, op die Sabbat, ja. Met net een kus, het Judas Hom verraai. Met net een kus, sy rug op Hom gedraai. Net een daad dis al wat dit vra, net een daad om te lei na verraad. Net een ja van iemand wat vra, net een ja tot dit later nie meer pla. Net een ja, is dit te veel gevra, net een ja. Die antwoord, ja. (terug) ‘N VAAL OU KHAKIBOS Jy weet jy kry my mos daar by ‘n vaal ou khakibos, met die hande oor mekaar, want sy is nie meer daar. My kop is aan die maal, iemand anders het haar kom haal. ‘n Kool sonder spek, ja, dis net ek. Daarom weet jy mos, jy kry my by ‘n vaal ou khakibos. Daar waar ek op hete kole sit, omdat sy op ‘n ander se skoot nou sit. Die joos alleen weet hoe ek haar ooit gaan kan vergeet. Miskien met Job se geduld, en Salomo se wysheid, en ja beslis, hope, hope tyd. Maar vir nou kry jy my mos by ‘n vaal ou khakibos. ‘n Wandelende Jood, tot ek weer aan een behoort. (terug) DINK AAN MY Waar jy in jou bed so sag op die slaap lê en wag, dink aan my. Wanneer die dagbreek verskyn en die slaap verdwyn, dink aan my. Wanneer die reën uit die hemel neerslaan en jy in die huis moet gaan, dink aan my. As die lewe woel en heimwee oor jou spoel, dink aan my. Is jy nog ‘n dag alleen met niemand om jou heen, dink aan my. As ‘n ander jou wil soen en jy dit terug wil doen, dink aan my. Dink aan my sonder jou, dink aan my wat jou vas wil hou, dink aan my. (terug) GISTER Gister was die lewe daar, vandag is alles klaar. Geen mens bepaal sy eie lot, dit alles hoort by God. Gister nog gesê môre, maar môre bly môre. Die wurms begin al eet en sommige het jou al vergeet. Dis die pad van elke mens, wie weet waar lê sy grens. Daar waar jou pad ten einde kom en die dood jou roep na hom. Steeds bly die wurms eet en al hoe meer het jou vergeet. Vergeet wie jy eintlik was, alhoewel dit soos gister was. Gister nog ‘n mens vandag nog net ‘n wens, van iemand wat miskien onthou, ja, miskien onthou. (terug) DIE ORDEELSUUR Nader kom die oordeelsuur waar die goddelose verteer word in vuur en die regverdiges sal juig as hul na die hemel opstuig. Loof ons hemel Vader waar Hy as Regter nader om Sy oordeel te bring volgens elkeen se wandeling. Hoe sal die goddelose nie bewe as hul moed hul begewe as ons Jesus sal kom met al die engele om Hom. Die Here kom in Sy heiligheid en min is die tyd. Soek Sy genade vergeet jou bravade. Begin diep te delf en ondersoek jouself. Verhoed selfverwyt want min is die tyd. (terug) WEES ONS GENADIG O Liewe Heer, ag ons waardig, wees ons genadig en maak ons nie seer. U oordeel is regverdig, ons verdien die tug. Om U aangesig vir ons te verberg is net te erg. As U talm terwyl ons hulpgeroep weergalm sal ons in die nuut verdwyn en soos die gras wegkwyn. Draai U nie weg van ons terwyl ons hart ontstuimig bons. Van U is ons heil al is die pad hoe steil. Wees ons genadig, ons Rots, ons Toevlug. Laat u liefde ons omring terwyl ons U lof toesing. (terug) LAAT ELKEEN HOM AANBID So baie mense wat sê dat hul God nie wil hê. Hulle is tog so dom en sal kruipend na Hom kom. Laat elkeen Hom aanbid waar Hy op Sy hemeltroon sit. Sy heerskappy is ewig, Hy is die Lig. Sy oë hou oor almal die wag, nie een ontvlug die oordeelsdag. Hy lê op ons Sy juk, maar tog laat Hy ons voet nie swik. Deur al ons tye van swaar is Hy altyd daar, en met ‘n bietjie moed kom daar altyd weer die goed. Kom jul wat sê dat jul God nie wil hê. Laat ons Hom lofsange bring en van Sy goedheid sing. (terug) BIG OLD TREE Around you the brown soil where for all your life you did toil. Above you, the blue grey sky, the clouds, whose tears you catch when they cry. Your long toes, deeply embedded in the ground, that’s where your roots are to be found. Your brown jacket, now a bit old still protects you from the wind and the cold. Your back is now bend, guess when you grow old, that’s the trend. Your fingers have grown skew as age caught up with you. Your nails though are still ever green, that’s how it’s always been. Forever that loving touch when the blazing heat gets just too much. What more can I say when I stand under your shade today. Your just a lovely big old tree that’s there for everyone to see. (terug) SO MUCH BEAUTY A woman soothing to the eye I thought, as you were standing nigh. Nothing would bring me more content as the time with you I’d spent. So much beauty you’ve been giv’n, surely it must be from heav’n. I would give o so much for a little of your loving touch. In a short time you have impart so much love into my heart. If I could only get you to say that for a little longer you would stay. With your words you do inspire and create within me such sincere desire. With you I’d like to be from now until eternity. If only you would also care, I know that I would truly dare to surrender all my breath, until I finally meet my death. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. J.B. La Rouchelle hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |