Hybre Coetzee
1. Die perfekte dag



Die perfekte dag
Ek sal nooit die dag vergeet, toe jy my onverwags geheet,
Skokend die stem gevolg, tot my oe die ontmoeting maak,
van iemand wat ek wel van weet,

Vinnig het ek om geswaai, gevlug, angs het my gebyt,
maar diep binne my‘n wonder, wat het hom hier gebring? Ek pleit!

Jou stem het in my kop gemaal, jou beeld het my gesluk,
Dis asof Jesus se, word wakker my kind dis een deel van jou geluk.

Opgewondenheid en vrees, soos ‘n kleed wat my bedek,
Swart en wit geweef in my wese in gevlek.

Nader het ons wel beweeg, ons paaie het gekruis
Verhale het ons uitgeruil, emosies opgebruis.

Meer en meer het ons saam gedeel, ons hartseer en ons lag,
Was dit soms ‘n hobble pad, maar altyd ‘n perfekte dag.

Ek was vir jou soos ‘n vars oggend bries, en jy was my nuwe begin,
Ons het gepraat oor wat ons kan wees, alles maak tog soveel sin.

Perfekte dae het verby gegaan, elke oomblik ‘n skenk van bo,
Ek was later jou tweede kans en jy wat in my glo.

Hoe meer en meer ons tye saam, liefde het ontkiem,
Aanvaarding het daar uitgespruit en vrede kon jy sien.

Liefde was in volle blom, kleure helder mooi,
Lag-reen het dit voeding gegee, elke druppel in gewee.

Elke druppel lag het my staande gehou, maar daar was tog soveel meer,
Tragies het die son se warm strale, realiteite die groei in ons gekeer.

Hitte het die blom verdor, kleur het pad gegee,
Trane moes die blom nou voed, almal is nou weer seer.

Hartseer dae het verby gegaan, alleenheid vra die vrae,
Alles wat so amaizing was, toe sommer vinnig klaar.

Jesus het ‘n plan met ons, die wereld skop daarteen,
Dit bly nog steeds ‘n perfekte dag, wetend jy was net geleen.

Dit wat ons kan wees, dit wat ons kan he, dra ons met ons saam,
In ons harte diep gebere, dit sal nooit vergaan.

Jy het my geleer, hoeveel waarde in my le,
Wat die woord alles, oor vergifnis vir my se.

Ek het jou gewys, wat ‘n vrou vir ‘n man moet wees,
Dat onvoorwaardelike liefde vir jou, alle seer kan genees.

Ons loop nou twee paaie, noord en suid alleen,
Dankie vir ons Jesus wat ons elke dag so steun.

Wonder is nog steeds in my, sal ons ooit iets wees,
Beloftes van my Jesus, stil my hart in wat ek lees.

Saad van liefde is geplant, my Jesus is die reen,
Opkoms is net in sy hand en hoe hy ons sal seen.

Meskien aparte paaie, meskien ‘n hobblepad saam,
Maar die saad van liefde sal die Here nooit ooit laat vergaan.

My geskenk aan jou my vriend, is liefde ongeag,
Want al draai die pad soms draaie, dit bly nog ‘n perfekte dag.

(terug)