Hugene Koekemoer
1. Vrede met die duiwel maak



Vrede met die duiwel maak
Jy is onverdraagbaar.
Jy voer my dik met die heuning op jou tong
en mislei my met jou leuens.

Ek is kwaad vir almal a.g.v. jou.
Altyd opgewerk en negatief.
Verstreurd,met my hande in my hare.
Tog is ek net teleurgestel.

Ek kan nogsteeds nie vir jou kwaad gaan slaap nie,
want jy het saam my groot geword.
Jy het al vir my baie gedoen en jy is deel van my.

Om eerlik te wees,
is ek. . .nie so trots op wie jy is nie,
maar hoop rerig
jy kan binnekort trots wees op wie ek is. . .

So vir nou,maak ek vrede met die duiwel!

(terug)