Hilda Hodgkinson
1. Mis Jou

2. My Vensters

3. Ek wou

4. You

5. My World

6. Thin black lines

7. Spyt

8. Alleen

9. Alleenheid



Mis Jou
Lankal van prentjie mooi
So veral nou
Sit die morestond op my lippe
Op soek na jou

(terug)


My Vensters

Irritasie
Frustrasie
Konsternasie
Jy kom
Jy bring die blou

Alleenheid
Verlatenheid
Mistroostigheid
Jy kom
Jy bring die blou

(terug)


Ek wou

Die seer was vandag so vlak in jou kyk
Moegheid oor jou hele wese geskryf

Ek wou vir jou ‘n oase wees
In die middel van jou groot woestyn
Maar jou oë was te troebel om die water te eien

Ek wou vir jou ‘n bankie wees
Onder ‘n groot ou skaduboom
Maar jy was te moeg om vandag te kon droom

Ek wou vir jou ‘n stroompie wees
Wou jou met my kabbel kalmeer
Jy kon my nie hoor nie want jy was te seer

Ek wou vir jou ‘n padkaart wees
Jou vat na plekke rustig en groen
Maar jy kon nie verstaan wat ek so graag wou doen

Ek wou vir jou ‘n skildpaddop wees
Jy help om die wereld te vermy
Maar vandag kon jy nie ‘n wegkruipkans kry

Ek wens ek kon die seerkry wegvat
Ek wens ek kon die hartseer dra
Ek wens ek kon die pad korter maak
Maar ek kan nie

Ek kan net hier naby jou bly
Jou oase, jou bankie, jou stroompie, jou padkaart, jou skilpaddop
Vir wanneer jy my nodig het
Ek is altyd iewers hier naby, net vir jou
Jy staan nie alleen nie
Nooit weer alleen nie

(terug)


You

You brought a smile when I had just tears
You calmed me down when I was dumbstruck with fear
You read my life’s story, yet decided to stay
You just shrugged your shoulders, had little to say

You picked me up when I was down on the ground
You spoke gentle words, you voice a healing sound
You caught my heart when I wanted to run
You showed me that life should be fun

Dragons and demons no longer chase me around
I’m walking with you, I’ve left them behind

(terug)


My World

What does your world look like
Is it all black and white
Are the lines straight and precise
The landscape as cold as ice

In my world are fields of gray
Under rainbows of colour
A soft gentle rain
Puttering my name

I can’t show it to you
You’ll get lost in the warmth

(terug)


Thin black lines

They are thin black lines
On a piece of pure white
They always think
They alone are right
Our colours and curves
They don’t want to face
They just don’t have
Sufficient grace
They make us cry

(terug)


Spyt

Ek kyk na die maagd in haar wasige wit
Ek is so spyt
Ek sien al die baie wat deel van my was
Ek is so spyt
Ek sien die ou paartjie met kierietjies saam
Ek is so spyt
Ek kyk in die spieël en dis al wat ek sien
Spyt en selfverwyt

(terug)


Alleen

Jy is hier by my
Ek hoor jou hart klop
Ek voel jou asem
Jy is so ver van my
Op plekke
Waar ek nie kan kom nie
By mense
Wat ek seker nie ken nie
Ek voel so verskriklik alleen
Teenaan jou
Alleen

(terug)


Alleenheid

‘n drukkie, ‘n soentjie, ons lag
Liefde, aanvaarding, sag
‘n drukkie, ‘n soentjie, jou rug
Stilte, alleenheid, sug

(terug)