![]() |
| Henry Thomas Doyle |
|
1. Waarde van 'n gedig
|
|
Waarde van 'n gedig As ek die blou mat aan die voete van Tafelberg in een woord kon beskryf,het my verstand my verlaat en my verbeelding soos die rook van my sigaret verdwyn,onopmerkend reukloos. 'n Gedig oor 'n gedig is dieper as die spore wat 'n swaard op die skouers van 'n legende sny. Vleiery in die hoogste eer. Die heiligste erkenning van my emosies, die reinste vertolking van die omstrede gedagtes wat my hart vul. My onsuiwer stem verdien nie om my woorde te spreek nie. (terug) Emosies Ek kon die toekoms met 'n potlood bepaal en tog kom die winter elke jaar. Ek kon sien jy wil op my skree,maar jou publieke beeld plaas 'n wag voor jou mond. Ek het jou lief al loop ek met my hande in my sakke. Ek gee om vir jou al maak ek jou seer. Ek wens ek kon my gedagtes ontsyfer en realiteit verorber. Jy het misluk as jy bereid is om jou siel te verkoop vir tydelike vreugde. Ek weet my kennis is beperk,maar respek en etiket bars by my nate uit. Ek gaan nog eendag my plek vind, ek gaan nog eendag vir Jou vind. Laat my vir eers wees, maar moet my nooit vergeet nie. (terug) Jy Raak met jou vingerpunt aan my hart en laat my puls jou verstand vibreer. Omvou my nek en laat my sprokies in jou ore verf met my stem. My hand sal 'n kussing wees vir jou hart en my woorde 'n roostuin vir jou siel. Jy kan dans op my voete en sag sing in my ore, my balans sal nooit faal. Kerf jou drome op my hart uit, en in jou slaap sal ek vir jou 'n huis op die see bou... jou geluk is die riviere wat in my are stroom. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Henry Thomas Doyle hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |