![]() |
| Hannes van der Westhuizen |
|
1. Julle
|
|
Julle Julle verkleur die son Julle verdonker die nag Julle trek 'n streep deur die humor wat bestaan Wie is julle? Wat is julle? Het God julle ook geskape? Wat bly oor? Julle vertrap alles wat mooi is Julle verniel alles wat heel is Jull maak dood wat lewe Wie is julle? Wat is julle? Het God julle ook geskape? Wat bly oor? Geen vooruitgang Alles gaan dood, word dood Geen begrip Julle verstaan nie die wêreld nie Wie is julle? Wat is julle? Het God julle ook geskape? Wat bly oor? (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Hannes van der Westhuizen hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |