Gustaf Krueger
1. Slaap

2. Twyfel en vertroue



Slaap
Slaap is 'n dwelm
wat almal van weet
Begin met n gaaaap
Wat? Gaan ek nou slaaaap?
Voel soos sand in die oë
Dis buite my vermoë
Klaasvakie het sy sandhoek gegooi
My bed lyk nou net so,
So aantreklik soos n nooi!

Op die moltrein is dit snaaks
Daar sit iemand, uitgepaas,
Dan lê hy so, dan weer so!
Spoegstreep op die antie se soom
Kop knik soos n koekoek voël
Snork en snik ja dit lyk soos n fool

Die slegste is as jy jou stasie verslaap Aan die einde van die lyn voel jy dan soos n aap.
Mr. Mr. This is the end
Be quick to get on the other train

Slaap is vir my nie bekoor
Tweede werk,
nog slaap gaan ek verloor.
Snaak hoe jy dan die volgende dag,
Dink almal sit vir jou en lag
Swart kring om die oë
Padkaarte soos die moltrein lyn

Redbull en koffie help net so lank
Klaasvakie het tog die opperhand
Op my kniee, die Onse Vader
Voordat ek droomland benader!

Twee ure dan weer op
Voel al ho'ek myself kan skop!
Selfde patroon vandag,
Selfde patroon elke dag
Slaap waars jou einde
En weer jou begin?

(terug)


Twyfel en vertroue
Twyfel, twyfel teen die muur
Gaan dit werk of stop ek dit hier?
Sien ek die roosknop in die wind,
Het ek dalk ware liefde gevind?

Wat is die twyfel?
Wat maak dat my hart wil wyfel?
Satan is dit jy wat brul?
Dalk net my hart se gil?

Ek hou van hom!
Maar hy bly ver!
Hoe kan dit werk?
Is ek so sterk?

Vertroue jou ou doring

Hoor ek die haan of die rams horing
Die Here is my herder
In Sy hand los ek dit verder.

(terug)