![]() |
| Gretchen Visser |
|
1. Alles van Jou. 5. 'n Gedig Oor die Blomplukker 7. 'n Gedig Oor die Blomplukker
|
11. Herinnering
|
|
Alles van Jou. -Vir die Bruinoog Glimlag. Ek droom van jou woorde soos bleek gras vir groen lower; daardie woorde wat my hart met glinster betower en lewe bring in klank geuiterde akkoorde. Ek wens vir jou aanraking: strelend soos sy; sag soos jou Somerbruin oë; net vir my; wat my hart laat sing. As die verlange verder as die hemele strek, smag ek na jou mooie glimlag; wat my hart met liefde inwag en my siel opnuut met warmte wil bedek. As ek saans my gedagtes van jou groet; besef ek dat ek in alles van jou wil lewe soos die bloeisels aan ‘n nuwe Lente klewe. En ek droom tot jou woorde my weer in realiteit ontmoet. (terug) Pa se Skets Ek kies ‘n potlood Om die lyne om Pa se oë na te boots. Daardie oë wat kyk om verby my muur te vaar tot by die kern van my hart om te keer, om te bewaar. My vingerpunte bedek in houtskool Waarmee ek Pa se wange skakeer met trane van harseer en lag. Daar is ingeëtste plooie rigied en sag vir my, Pa se dogter. In my hand is ‘n stokkie Waarmee ek teken in growwe sand van Pa op die voorstoeptrappie, slag gereed met ‘n grappie, maar bereid om langs my te loop stappie vir stappie. Ek is soekend na ‘n medium waarmee ek Pa kan teken Soos ek Pa in my hart ken. Pa sal nooit weet hoe ek Pa sien nie; Deur die oë van ‘n dogter wat Pa nie verdien nie. Die liefde wat ek in my hart vir Pa dra is meer as die sandkorrels wat die see se lafenis vra. Pa is die pilaar wat lanks my staan. en Ek wil nooit sonder Pa deur die lewe gaan. (terug) My Lowergroen Weiveld hart Vir die Blomplukker. My lowergroen weiveld hart het die lafenis liefde verloor; maar toe ontkiem jy in my bestaan om my hart te bekoor. Jy breek deur wolke elke keer as jy langs my kom staan. sodat die sneeu-wit-koud in my bleek hart kan vergaan. Al my woede het ek in jou blommespoor verloor in die reënboog geurige woud waar jy met my hart toor. Die songoud verdrink my grou grys bestaan en reën neer oor my as ek langs jou staan. My lelie gelaat wil deur jou aanraking sien tot by jou skarlaken hart wat my wil dien. Ek besef dat ek sonder jou; gelaat sal word in die koud, die sneeu, die alleen; en ek sal verlep in die grys; in die grou sonder jou soen om my lowergroen te seën. (terug) DIE VERTREK Ek is ‘n vertrek. Met breë mure. Sterk. In die middel is daar ‘n diamant met die kern van ‘n Skarlaken sagte hart. Ek is ‘n vertrek met ‘n venster wat Alles kan gewaar; maar vir Alles, is toegang beperk en staar hy verward na my diamanthart. Ek is ‘n vertrek vol gedagtes wat die plek oorvat met wit wat oor elke greintjie tap wat speel in die kontoere van my hart sodat reënboogkleure kan ontsnap Ek is ‘n vertrek Met ‘n antiek hier en daar Sommiges het my bietjie gevlek en sommiges het my bietjie getart om die diamant te penetreer tot by my hart Ek is ‘n vertrek Jy staar deur my venster vanaf buite. Om in my te sien, is jou grootste werk; want jy bewonder daardie diamant wat jy in skerwe wil laat spat inruil vir ‘n skarlaken sagte hart. (terug) 'n Gedig Oor die Blomplukker Onvermoë binne my maak dat ek geen verryking meer in my eensaamheid vind. Onvermoë binne my kan my hart se begeerte na jou nie meer keer Noodloos om te sê; my gedagtes het ek by jou verlê Jou oë het my hartskluis verbrysel in skerwe; Jou vingerpuntaanraking het op my gesig die eenvoud van 'n nuwe begin geverwe. Jou gesigsuitdrukking, eers 'n geslote boek, met 'n buiteblad vol ou emosies wat 'n veilige hawe soek. En ek het my gevind op jou klip-hart se voorstoep. My gedagtes het kom lê by jou, en ek is besig om deur die klip van jou hart te grou. Ek wil met my vingerpunte op jou hart verwe van 'n inniglike gevoel wat nie wil sterwe. Ek wil kruip in die holtes van jou mensweees, soos jou blom wat in die holte van my hand woon. Miskien word ek die een wat deur jou mure sal breek; en miskien word ek met jou hart beloon. (terug) Blomplukker My hart se blom vir die Blomplukker In my hart groei daar ‘n blom geverf met wit, pers en geel. Gepluk deur die blomplukker, gepluk om in my hart te speel. In my hart groei daar ‘n blom, met ‘n steeltjie krom; uit ‘n bedinkie gepluk om die dorheid in my te verstik In my hart groei daar ‘n blom. Teen sy steeltjie ‘n druppel dou. ‘n blom van my blomplukker, omdat hy van my hou. In my hart groei daar ‘n blom, soos ek in sy hart groei, sodat ek hom kan verlos van die dinge wat hom vasboei In my hart groei daar ‘n blom. Die blom agter my oor, in die slootjie waar ek my hart verloor. ‘n Blom van ‘n blomplukker, ‘n blom van hom. In die geel, pers en wit; hou ek myself besig in die bladsye van jou toeboek gesig vol gevlek met jou hart sonder perk. Daar sal ek jou blom vind vol met my glimlaggies gemerk. (terug) 'n Gedig Oor die Blomplukker Onvermoë binne my maak dat ek geen verryking meer in my eensaamheid vind. Onvermoë binne my kan my hart se begeerte na jou nie meer keer Noodloos om te sê; my gedagtes het ek by jou verlê Jou oë het my hartskluis verbrysel in skerwe; Jou vingerpuntaanraking het op my gesig die eenvoud van 'n nuwe begin geverwe. Jou gesigsuitdrukking, eers 'n geslote boek, met 'n buiteblad vol ou emosies wat 'n veilige hawe soek. En ek het my gevind op jou klip-hart se voorstoep. My gedagtes het kom lê by jou, en ek is besig om deur die klip van jou hart te grou. Ek wil met my vingerpunte op jou hart verwe van 'n inniglike gevoel wat nie wil sterwe. Ek wil kruip in die holtes van jou menswees, soos jou blom wat in die holte van my hand woon. Miskien word ek die een wat deur jou mure sal breek; en miskien word ek met jou hart beloon. (terug) My Lowergroen Weiveld hart Vir die Blomplukker. My lowergroen weiveld hart het die lafenis liefde verloor; maar toe ontkiem jy in my bestaan om my hart te bekoor. Jy breek deur wolke elke keer as jy langs my kom staan. sodat die sneeu-wit-koud in my bleek hart kan vergaan. Al my woede het ek in jou blommespoor verloor in die reënboog geurige woud waar jy met my hart toor. Die songoud verdrink my grou grys bestaan en reën neer oor my as ek langs jou staan. My lelie gelaat wil deur jou aanraking sien tot by jou skarlaken hart wat my wil dien. Ek besef dat ek sonder jou; gelaat sal word in die koud, die sneeu, die alleen; en ek sal verlep in die grys; in die grou sonder jou soen om my lowergroen te seën. (terug) Mutter Vir Ingeborg Teresia Onverwags en onbepland het ek in Ma gegroei. Aanvanklik het Ma daarteen gestoei en teen God gestry, want 'n kind wou Ma nie hê. Maar, op die vyfde Maart was ek tog in Ma se skoot neergelê. Na die onbeskryflike pyn. Na die twyfel en vrese, het Ma se teësin in my weerloosheid weggekwyn en Ma se hart het oorgeloop van liefde; en getap op die lyfie van 'n kleine wese. Vanaf my geboortedag het Ma se tenger lyf, aan my geweef met 'n naelstring, my beskerm en bedek met liefde wat onmoontlik is om te koop. Maar wat in oorvloed oor my bestaan loop. Oor Ma se teer wange is soms 'n traan wat vloei; en stroom deur gange van grou hande, daagliks vir my rou gewerk; waaruit die Duitser se stem weergalmend vir my sê om op te staan, want ‘ek is mos sterk.’ Deur my lewe se blydskap en seer, het Ma my voortdurend bly leer dat al bly die toekoms onseker, kan ek verseker wees van Ma se liefde wat konstant loop uit 'n hartsbeker. Vanaf die dag toe ek in Ma se skoot neergelê is, met ogies wat alles wou absorbeer, kon ek met elke greintjie van my bestaan, deurdrenk in moederlike liefde, uiter: “Ich liebe dich, Mutter.” (terug) Onvervulde Ek is 'n donsie wat aan jou wense vasklou. In duisternis, 'n fluisterstem in jou oor. As droogte aan jou laaste reserwes kou, is ek 'n lafenis wat jou krake wegtoor. Ek wentel voltyds in jou bewonderingsbaan soos die songloed wat kniel voor jou lelie gelaat. Ek breek daagliks deur wolke om langs jou te staan, en ontkiem saam met jou drome vanaf die eenvoudigste saad. Maar, dink jy ooit aan my? soms voel ek soos ‘n roos wat nooit vir jou sal ontluik Jy stap altyd by my verby en gevolglik is ek besig om te verlep in jou miskyk. My hele bestaan word om jou gevoer, maar ek bly 'n spook wat verby jou toer. (terug) Herinnering Ek wens ek kon vandag vir jou sê; dat geen sentiment meer by my lê. Ek wens ek kon vandag vir jou wys; Dat Jý, Herinnering, niks meer gevoel verreis. Ek dink nou terug Vertrap die verlede se brug; Oor en oor gaan ek heen Totdat ek myself oortuig dat jy niks meer meen. Weerloosheid teen jou Laat hartseer op my wang dou. Gebeurtenisse klaar verby; Gebeurtenisse waarteen my hart stry. Herinnering, ek verafsku jóú; Jy wat maak dat ek aan die verlede klou. Ek wens ek was van jou los, van jou aanloklikheid verlos Want eintlik is jy soos 'n herfsblaar na die lowergroen somerblaar: onmoontlik om terug te gaan, want in die verlede voer jy jou bestaan. Knip die naelstring, maak my los van jou. Onthef my net van jou sterk klou! Maar steeds keer jy terug... Herinnering, vertrap Jý nie die brug? Na die hede, om my te verwar met die verlede. (terug) Donsie Donsie klein; Donsie wit; Donsie wat op my trane sit. Ek het Donsie eens gevind, in sy naeltjiegroef. Maar nou het hy sy tas gevat, en uit my hart vertoef. Donsie fyn; Donsie rond; Donsie gesmyt op die grond. Ek kon Donsie eens afhaal, van sy hemp se sak. Maar nou is sy kas leeg, en hy het uit my hart beweeg. Donsie klein Donsie fyn Donsie laat my hart wegkwyn. (terug) Donker Donker het in my vertrek kom bly, en my blindelings gelei na iets beeldskoon, na iets wat hy mooi kan vertoon. Donker huisves my in beskerming Daar is meer as nét swart wat hom definieer Donker word vir my 'n ontvlugting Waar ek nie myself hoef te verifieer. Ek kan my met hom vereenselwig, omdat oordeel óók teen hom sondig. Donker slaag daarin om my gemaklik te maak, want wat ek sê en hoe ek lyk maak glad nie saak. Donker vel geen oordeel en ek voel gemaklik om my vrygewig te deel. Donker laat my besluit oor wie ek is en wil wees Sonder ander wat dink dat hulle my kan lees. (terug) Jou gedig Ek skryf uiteindelik die gedig vir jou; Deels omdat ‘n drang my daartoe verplig, en, ag, omdat dit gepas is dat alles moet eindig soos dit begin het met Ingrid se gedig en die pouveer. Jy het vir my ter vergeefs probeer leer van Blues, jou motorfiets en die cords van jou kitaar. Van skaak en hoe ek jou kon oorwen. Ironies, stamp ek my koning om, want jy het die cords van my hart verleer. Onthou jy hoe jou groot hand om myne kon vou? En hoe jy my snags, as die donderweer slaan, kon vashou. Jou omkoop prys was altyd ‘n kaas en tamatie broodjie, en jou wenkaart was altyd die koppie cocoa-toertjie. Onthou jy jou huis se antieke houtvloere? en onthou jy elke vertrek se oudtydse plafon met die raampie en gegraveerde blom, want dit is die tipe onthou wat ingeëts word in my gedagtegang se kontoere. Jou duim het nog my trane weggevee, toe jy die bokse, volgepak, uit jou huis gedra het, en gaan stoor het op my herinneringsrak. (terug) 'n Storie Ek deel graag met jou ‘n storie oor die lewe se nederlae en glorie. Ek het al geleer; die verlede se seer, is nie van belang dit gaan werklik oor die hede se triomf sang. Hoe sterk is jy; vir die lewe se ongenaakbare sy? Kan jy opstaan en aanhou vorentoe beweeg; As die lewe ‘n onreg teenoor jou pleeg? In watter tipe mens verander jy as glorie kom om jou te verlei? Bly jy dankbaar, nederig en minsaam of is jy ‘n gevangene van Faam? Wat is jou lewens storie Wat is jou nederlae en glorie? (terug) Gedagtes. Jy. Ek kyk uit na die noorde, en wonder waar jy jouself vanaand vind. Die maanlig skyn op jou woorde, terwyl my gedagtes tydelik aan jou bind. Ek staar by my venster uit, oor leë stegies waar my denke baljaar. maar jy het op droomland besluit; terwyl my gedagtes verby die vensterruit vaar. Duiwe bring die oggendson saam. Ek wag hom in met ‘n groet wat onverwag blyk, maar die son roep jou mooie naam, terwyl ek wonder hoe jou opstaan lag gaan lyk. Reën drup-drup teen my vensterruit. Rol af teen die glas, af teen my wang, kyk ek vorentoe, beweeg ek steeds agteruit, terwyl ek besef hoe baie ek na jou verlang. Ek groet die son se laaste awend glans, net soos jou woorde en onthou my vaarwel heet; en wegraak buite my venster, agter die krans, terwyl my gedagtes jou wil vergeet (terug) Op 'n Skemer Sondagmiddag Op 'n skemer Sondagmiddag, Terwyl ek op jou uitkoms wag, staar ek na jou huis oorkant die grondpad; met gedagtes wat in jou beddinkie vol kannas, bad. Ek kyk in diepte na jou, asof ek in jou bestaan rond spit, terwyl jy met jou verwronge gesig op jou sunbeam stoep sit. Die son skyn oor jou armsalige spoor; om jou te herinner dat jy teen jou omstandighede verloor. Tydsaam teug jy lusteloos aan jou Venus High Class Blend; met jou arm om ou Vaaljapie wat jou nugter gedagtes skend, en jy verbeel jou in die gebleikte blomme skildery op die voorstoepmuur; so sit jy tot die son sy oë sluit, uur na uur. Sondag op Sondag het die prentjie my bly pla; dié van jou moeë gesig wat vir 'n beter lewe vra. Sondag op Sondag met die son wat voor jou ondergaan, terwyl die kannas regop probeer staan. (terug) Can’t call you Russian Nothing to notice the first time No butterflies, no sign no emotion. Your name remains scary to mention Somehow you became intriguing Still struggling to find the words’ meaning Since you left something I can’t understand behind Those words never rolled off my back, let alone out of my mind Wish I can see through you, Like you, my feelings are a mystery too Wish you could see There is more, than a common interest, to me When thoughts of you take over I can hardly think sober Feel like I’m losing again Thoughts of you leave me insane. (terug) Childhood When life gets complicated And good becomes overrated I clench to the belief that I could, Without you, create some form of good You were my friend The times we spent together were to me only lent I think we certainly amused the crowd In times when I became way too loud I was so careless You made me totally fearless With you, I didn’t know what evil meant Because, from God you were sent. I think I have realised too late That you would eventually leave Because there will be another little girl who will wait For your sweet way of deceive I now realise That you are just a disguise To fool little children to see What the world never could be (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Gretchen Visser hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |