Francois Meyer
1. GEWILLIG GESTAP



GEWILLIG GESTAP
gewillig het Hy gestap,
die weg uitgekap,
met die vyand wat in die agtergrond loer, ook ek en jy het rumoer,
terwyl Hy my sien, in Sy hart ontroer.
aan die vloekhout het Hy gehang, Sy hart wat na my verlang,
terwyl my sonde en oortredinge Sy gelaat verwrang,
dit gryp my aan wat hier aangaan,
want dit is die PRYS vir my SONDELYS, Hy kyk my in die oë, my wese geboë, die uitroep weergalm, die wet se prys ingepalm,
dit is volbring!!!
hierdie woorde, is dit in jou hart ingedring???
die midderdag word toe middernag en water en bloed,
stort, soos n rivier se vloed,
oor die solaat met die hammer se voet wat sê: dit was die Seun van God, en voel die verandering in sy hart woed.
die derde dag, n wonderlike dag,
die klip weggerol, die trane rol, want Jesus leef, Hy my hart so vol.
En jy my vriend, . . . .
is jy al met Hom bevriend??
ek wil my verstout om te sê,
die nuus is vir jou seker al oud, . . . . maar dis die enigste manier wat jy kan word . . . . . SOUT.

(terug)