Ferdie Schneider
1. Walvis Roete se Dinge(s)!

2. Cañon Kaskenades by die Vis



Walvis Roete se Dinge(s)!
Dertien op Potberg aangekom
Koue en vreemdheid maak ons stom
Vat-vat aan drank of is ons bang?
Teen verloop van verdere gang
Oom Eugene en almal skugter
Moontlik laaste keer mooi nugter
Vyf en vyftig kilo’s wag
Dié amper die langste nag

Dag een Cupidoskraal
Ornitoloog, Gene draal
Deloitte neem heel vroeg die leiding
Later dag se stap bring skeiding
Knieë moeg en kuite lam
Oggendluggie raak aan klam
Middagkou gee krag vir paar
Maak anner weer baie swaar
Bors (te) lol...koue lug
Omdraai min...kannie vlug
Stap op rand by hemelruim
Kannie stap plig nou versuim
Links onder kronkel water panne
Ewe kordaat nog stappie manne

Noetsie, dag twee, nou vir jou
Geen sig van see steeds die kou
Franna moeg...bra sat
Lê aan...skiet die kat
Franna dalk te veel gekou
Hoe dit ookal...voel nou flou!
Ventersdorp pak nou op...vat saam die pad
Sy opoffering na waarde geskat
Pa van baie kou nie nou
Stop maak gister bra flou
Groot vleis nou turbo gedryf
Wraggie vinnig stap daai lyf
Hy is eerste...vêr daar voor
Teorieë los hieroor
Franna worrie
’Gene nie da’rie
’Maybe baby’ het hy beter gekou
Teorieë afgeskiet...almal flou
Laaste sak...af teen krans
Mooi keer vir jou balans
Strandjie lê klip gestrooi
Kuite ernstig gelooi
Plaagkenner...a nee a!...spesialis!
Vestig hom stewig in groep...gewis!
Stories hier van Einstein muise
Maar nie eens een innie huise
Generaal Muis Brein begin toe hier
OBS neem gou die plek van bier
Sien pragtige bokkie ets oppie rand
Natuurskoon amper te veel vir verstand
Vier huisies pragtig op strand maak staan
Neem mooiheid moeilik in, te gedaan
Menasie kombuis, lapa en meer
Geriewe vir dame en meneer
Mavis en Yalmuka beset bad heel te lank
Wat kook daar...en, wie (ja wie!) het vir wie bedank?
Mavis name...Frikkie...Ferdie...Frikkadel
“...ken mos vir amal ons is amal se pêl“
Vicky-Jô-So-Faain, GMB slaap alleen
Die res van ons hoor nie naastenby ’n steun!

Hamerkop, dag drie, ons mik vir jou
Hoop ons almal se kossies sal hou
Die dag meestal langs die see gestap
Southern Right gesien en ook ’n krap
“Kom Seuns“ skryf Bloues en Joegeen
Dieretuin, koning, wen die een
Voëlklip, Skaaklat maak paleontoloë naar
Toe hulle klippe uit grotte (oppad) vergaar
Sigaret verbruik verwoed
Nikotien die are voed
Vrede...Irene..blokraai traai
Vele snaakse woorde verraai
Ons praat kaf vir...die vale
Wip vang muis telkemale
Vuurhoutjiespel pluk GMB se moer
Los maar...Victorius begin toe koer
Volkshelde Wolraad Woltemade
Lollie Jackson...O tog...genade!
Twee wille katte kom die aand kuier
Drank vreet toe lankal reeds mense-sluier

Vaalkrans, dag vier, nou ons mikpunt
Ons moet diep delf om krag te vind
Picasso skets boep rokerman
Haar skets roep “Kom Seuns!!!“ kom nou man
Skaaklat trap horing adder
Picasso se hartjie fladder
Paar kwadraat maak saam eerste klaar
Van ons ander nog bietjie naar
Pa van baie pak berge aan
Seesand maak mos kuite gedaan
Trek sommer regoor Lekkerwater
Huisves eens FW se geskater
Voëlklip en Skaaklat maak draairoomys
Met reukie wat in die lug verrys
Groot Vleis Oom Eugene maar traag
Dalk dag twee te veel gewaag?
Sand pomp kuite vreeslik styf
Tap druppel bloed uit die lyf
Proviant gesny, maar fyn
Net 2 liter brannewyn
Pa van baie en die kroos
Speel skaak, “eat-me“...niemand boos
Eat-me koning word gekroon
Talent in skaak nie gewoon

Koppie Alleen, dis dag vyf,
Liggies oppie seer’e lyf
Sewe kilo’s maklik stap
Dit is vir ons nou ’n grap
Stap om nege...voor elf al klaar
Bussie kwart oor elf alreeds daar
Potberg veertig kilo’s vêr
Skape onder die skêr
Padskraper jaag ons bussie op ’n knop
Met melodrama probeer hy ons fop
Wimpy doubles, double thicks en die Dros
Ons verdien dit, ons is moeg, ons mag mos
“Almal wil ’n huisie by die see
Almal glo die ’struggle’ is verby
Almal dink die lewe is eers more
Maar more is te laat vir my“
Victorius is ons almal nou
Tog bietjie harde bene gekou
Wanne stap ons weer?
O Ja...maar wanneer?

(terug)


Cañon Kaskenades by die Vis
Cañon kaskenades
Gasse van genades
Negentig kilometer vêr
Alle spiere innie lyf getwêr

Maandag twee uur sak ag af
Melksuur maak die bene kaf
Elton John sporty uitgevat
Net twee van dié vat ‘n lat
Ses dae, honderd vier en veertig uur
Dagstap seshonderd minuut in duur
Selfoonopvangs nie en geld geen sin
Hier’s dit innerlike krag wat oorwin
Selfjammer en ritmies stap
Cañon, my vriend, nie ‘n grap
Plaasbollie, witgoud, kaalgatbad
Laat nulgrade se water spat
Cravings kry jou beet
Steak, coke...g’n dieët

Dinsdag teen die sandwal uit
Pynuitroepe hoog omluid
Juffrou Gym gaan net aan
Laat haar nie deur Vis vermaan
”Boulders“ verdiepings hoog
Rugsakke trek ruggie boog
Vyf rand vi ’n bottel water
Sakgeld help onfikse mater
Chloorwater naderhand goor
Wil uitvinder net vermoor
Emosies oneindig, te veel
God’s grootheid, skaamte, vol van keel
Brandykoffie, mentolsigaret
Nie simbioties met Cañon wet

Woensdag raak tweetjies agter
Voete nou minder kragter
Grootgat (in die broek) voete lam
Nie tyd of lus vir hare kam
Vlaktes net harde sand
Rivierwal Namibsand
Deernis met die grote seer
Kan egter nie trane keer
Kermende, kosmaak ”shuffle“
Kilo’s en melksuur gaffel
”Sauna“ na ses in ysig bad
Cañon laat mens jou gering skat
Maalvleis, port, paella en sop
Onfiksheid sit jou spore stop

Donderdag soekgeselskap sterk op dreef
Duracell Een bekommerd of hul leef
Elton John, Juffrou Gym nou vort
Ses stappers nou oor, hoop niks skort
Drie ure se gestap teen tien
Energie, suiker sak gesien
Kleur helder, natuur se prag
“Amazing Grace” God is mag
Swaelbad net vlug gegroet
Mos weer agter, gou op voet
Perdmisreuk goed beslis
Gou verknog aan die mis
Abba oor die Vis
Bob’jaanstreek gewis

Vrydag, wonderbaar, almal by
Cañon, desondanks, steeds turksvy
Begin elk oggend met gebed
Kla nie eens oor gebrek van bed
Rivierverdowing teen die pyn
Kopbeenklippe verskerp die syn
Cañon perde wei hier vlak
Sal nooit kan vang, glad nie mak
Motivering met klein wit leuentjies
Negatiwiteit word goue steentjies
Jy sing “Die Here is my Herder”
Al is jy nie die grootste kerker
Vrydagaand gewy aan filosofie
Homo erectus en evolusie

Saterdag tweetjies weer verwyder
Pynuitroepe beslis nou luider
Grootgat (in die broek) se bene swel
Irritasie nou ’n groot gekwel
Allermoegste moeg van die gerof
Voel of die wat kuite het s’n pof
Verlange laat goudklippe pak
Paar ekstra kilo’s in die sak
Cand’rell, melkpoeier ingeprop
Aandete eenkeer selfs net sop
Viervingerberg kortpad gekry
Soldaat se graf so dig daarby
Klein tentjie spinnekop teen die dak
Wil jou in jou broek...nou word ek mak!

Sondag twee uur sien ons watertoring
Mooiste mooi, Ai Ais, beslis bekoring
Miss Cheeky, Duracell Twee gou uitgerus
Pofknieë steeds haar ewige lewenslus
Slim paaie, verdwaalpaaie om
Hou liewer langs rivier al’s dit krom
Rugpyn, blase, en honger...
Luukses ontbreek...o’ donner
Motivering ‘n besliste deel
Om anderkant uit te kom…en heel
Op Ai Ais word jy begroet met hande klap
Beplan maar versigtig die volgende stap!
Ai Ais jou water lawe
Sout, hitte in die skawe

Lewensmoeg en lewensles
Ander dors die week geles
Nou eers wonde lek en self bederf
Voor nog grootse dinge gaan beërf

(terug)