![]() |
| Ferdi Gerstner |
|
1. Die Perfekte man
|
11. Manonkie!
|
21. Die Woestynolifant
|
31. Die Laaste Uur
|
|
Die Perfekte man Die perfekte man, die opwen man, Doen soos ek se, hardloop so hard as wat jy kan, As jy afgeloop is, en die opgewende veer wil nie meer, wie gaan jou daar wegvat, dit weer met jou probeer? Die krag van jou tempo afkomstig die keer , kom van n sterker opgewende veer ! Maar as jy weer afgeloop is, kom jy tot stilstand, alweer ! Die geheim van dit alles le daarin, die energie wat jy insit, in jou opwen man. Sal jy uitkry, as jy die veer styfspan! Maar gedorie pas op as hierdie bondel energie ontplof, die veer binne in jou opwenman! Die veer , die siel van jou opwen man, Ontbreek sy siel, die veer , waar kry jy dan nou lof, die keer? Dit gaan nie hier oor die energie verplaas, waarmee hy hom oor die vloer verhaas. Maar gaan egter oor die lof van andere, wat jy vir jou verdien, wat jou opwenner man, verander in n masjien! (terug) Grense is nie my wense. Waar trek ek die streep? Waaraan moet ek my meet? Hoeveel keer het dit gebeur, dat ek grense versit, Dat ek glo my dade was reg. Ek glo elke keer , ek sal weer probeer, Maar voor ek my kan keer , dan doen ek dit weer! My hart se dit is is reg en geoorloof, Wat ander sien en glo, daarvoor hou ek my doof. Ek het my eie siening hieroor, Want ek wil nie graag albei kante verloor. Ek wil op die stadium nie kies, ek het my siening hieroor, Onthou ek wil nie verloor! Want onthou, werk dit nie vir my uit, Het ek my standvastigheid verloor! Ek mag omgee, dit is Christenskap! En so my lewensmaat se siel doodtrap! Ek doen mos niks verkeerd nie, ek bly getrou, solank ek net altwee, se aandag behou! As die haan vir ons vandag drie keer moet kraai, vir wie van die twee, gaan ek dan verraai ? Dit is geoorloof, om 'n vriendskap te troetel, solank ek net nie begin vroetel! Wie sou dan kon se, ek was ontrou, Solank ek albei in my lewe, se aandag behou! In die proses wen ek alweer, ek kan nie verloor! Aan flirtasies en vleitaal gee ek my oor! Ek het self die grense gestel, die keer. Ek laat my lewensmaat selfs dink en glo, die ander een, is net n pel, dit is nou maar so! My toekoms in gevaar te stel, maak nie vir my saak, solank dit net nie aan my vriendskap raak! Ek het in die proses so koelbloedig geraak, dat ek nou oop en bloot oor my gevoelens praat. Dit kan mos nie verkeerd wees nie, my maat? Maar as ek weer by die huis aankom, Weet net ek, ek dink aan hom! Hoe sal jy werklik weet, hoe ek voel? Vir jou is dit net genoeg om te weet, ek het aan jou trou gesweer, moet dit nie vergeet! As ek by my ander wereld weer kom, Dan word ek n ander mens, elke keer, weer en weer, Sonder om te dink, te wonder hoekom? My lewensmaat van talle jare heen, het vandag alweer, stilweg, oor die vriendskap, geween! (terug) Welwitschia Deur jare onverpoosd heen, Het son,wind ,weer en reen, Die ruwe rotsknoetse geskaaf, verweer. Maar steeds deur eeue ongesteurd, Het jy ou Welwitschia gebly en gedy. Jou blareprag en keels, lok steeds insek en by! Ge-ets teen woestynlandskap staan jy uit, Stoot jou blare arms, die woestynsand jou buit! Nerens elders nog ooit gesien , of gemerk. Het jy jou , in ons landsgeskiedenis ingewerk! Uniek geskape , aan Namib alleen, Het God jou aan ons geleen ! Jou groen drag , het mens en dier, Hier in ons woestynland , met prag versier! (terug) Korhaan Met geskal, gekwetter, val jy uit die hemel neer ! Dat mens wonder,het jy dan geen verweer ? Wat het jou gewond,leed uitgedeel? Nee, ek wou nie jou nes se eiers steel! Was ek te na aan jou maat gewees? Dat jy my teenswoordigheid , hier naby vrees? Jy het my totaal en al verras! Deur jou optrede, goed gepas! Jy weet dit werk elke keer ! My van jou nesmaat , weg te weer! (terug) MY HART SE SLEUTEL As jy my hart se sleutel was, Waar sou jy dan wees? As jy my hart se sleutel kon pas, Sou dit kon oopmaak, in my gees Ongevraagd, deel van my wou wees? As jy my hart se sleutel was? Het slotte oopgebly? Of is jy nie meer aan my sy? As jy my hart se sleutel was, Moes ek wag n jaar ? Sodat stof op slot vergaar? As jy my hart se sleutel was, Sou jy wou slot oophou, Saam 'n toekoms bou? As jy my hart se sleutel is, Dan weet ek gewis, Dat jy vir ewiglik saam met my, tyd verjaag, Totdat ons skadus eendag saam, vervaag! (terug) HET VOLK. Het ek en jy al ooit vir n wyle gewonder, oor die Afrikaanse taal , so skoon, besonder? Sal ons in die toekoms ons bestaansreg haal, of dalk moet ingee, voor ander, wat die toon aangee, bepaal? Deur moeders liefde is jy gekweek, Maar word so gou in die samelewing vergeet! Is ons trots, of is ons skaam, Vir ons eie Afrikaanse naam! Jongmens, kan jy ooit jou eie identiteit verloor, oor n ander taal , wat jy dink, val dalk beter op die oor? In ons taal , is in die verlede so baie gedoen, selfs die’ ver van hul huis, het hul daarmee versoen ! Verdrae voltrek, vredesbriewe uitbassuin , jy het jou werk gedoen, deur eeue heen, menseskares, by jou saak betrek. Dink daaraan, die toekoms , vir jou en ek, in ons land , ons moedertaal is daar , vir hom plek! ? (terug) KOLMANSKOP Jare het gekom, en jare het gegaan, Maar Kolmanskop het bly staan! Die gees van mense , wat uit sy hand wou eet, Is al lankal saam met vele winde vergeet. Die sand waai nou alomheen in, waar mens en dier, eens hier wou win. Sand binne in huise, deur storms geplaas, Het tye van lank gelede, hier verhaas! Kolmanskop , jou gees leef voort hier en nou, Hier waar mense , n toekoms wou bou! (terug) UITTOG Abraham het by die bos , die keer, dat U hom wou leer, U volk was verlaat, verwerp, gesmaad, gewond. U het hom gekies, die taak sou syne wees, Om die seer van U volk te genees! U het weereens gewys ,U Allergrote mag en plan, hom te help,“Maak hul gesond , nou en dan“ Maar hul moet eers n pad saam met MY loop, Dat hul kan sien EK’’T hul gedoop. Deur plae , toetse heen, moes hul hul ten volle gee, dat EK hul oortedings weg kan vee! Eers moes hul hul afsonder , weg van alle kwaad, en wag op MY direkte raad! Eers dan sal EK hul laat trek, My Gees, in hul laat werk! Hul op hul weg dra en behoed , Al kom teespoed hul ook tegemoed! Kwartels en manna bring HY mee, En saans sal HY sielerus gee! Die enigste vereiste vir sukses in die lewe HEER! Is om U ten alle tye te eer! (terug) SIELERUS As ek diep in my siel kon sien O, Heer! Dit wat my lewe ontstel,my kanse verbeur! As daar n weg was, om te keer, sorge, kommer, en wat nog meer. Sou ek dan nog by U rus kon vind. O HEER? U was en is nog altyd daar gewees! In elke Letter en in GEES! Die Vrede wat U bied, is vir my genoeg, In hierdie alledaagse lewe, en geswoeg! Om my laste te ka afle by U voete, HEER, Dit dra my, weer my, teen skanse om my heen! U wat U skouer bied, om teen te leen! U verhelder my wee, onbekend elke dag. Selfs wanneer donker my pad sou kruis, in nag! Maar Heer leer my ook geduldig op U uitkoms wag, Sodat geloof, en hoop elke dag, Nie tervergeefs op die toekoms, smag! (terug) WOESTYNPAD Al ooit gewonder , en gepeins oor die lewe , onverklaard, Sal ons ooit kan weet wat wag ,op huis en haard? Die lewe gekompliseerd, en soms hard, gee kommer, en soms smart. Maar weet verseker, Hy is in beheer, Miskien vir ons onverstaanbaar , soms maak dit seer? Van ons word nie verwag, om te verstaan, van hoe Hy wil he, ons lewe sal gaan. Die enigste troos, is Hyself , onbeperk, wat in ons harte en lewens werk. Eers later kom die besef , die openbaring, duidelike lig, en helder verklaring. Ons Heer wil met ons n pad uittrap, Sodat ons vanuit , SY KRAG , kan tap! (terug) Manonkie! Manonkie, jy was klein, vuil en onversorg gewees! Krummels van die tafel, genadiglik geskenk, moes meermale jou eer ook krenk! Manonkie, maar jy het opgestaan en gegroei, Dis jou storie, wat my so boei! Manonkie, kind van eenvoud, in jou bestaan, Het jy gewys , jy kan, jy wou, Hier, en ook elders, jou drome oopvou! Manonkie, my ou speelmaat, vuil en broos.! Soms moes jy winterslae verduur, Jakkalsies, het ook jou wingerde versuur! Maar nou ,ou maat, sal ek graag wil weet? Het jy my dalk ook vergeet? Ons wat saam jeugklei moes brei, Manonkie, my ou maat, is jy vir die lewe kwaad? Manonkie, die paadjies wat ons moes vat, was soms vol dorings, soms nat ! Ons het tog ook, daar uit gekom! Al was die ompaaie soms krom! Manonkie, my speelmaat van jeug, Sal ons vriendskap deur dekades heen , nog deug? (terug) Sonder jou! Sonder jou , skyn die son sonder vreugde ! Sonder jou, het die lewe geen deugde ! Sonder jou, voel ek nie myself nie heel, Van my, is jy n deel! Sonder jou, is daar na die reen , geen reenboog, sonder jou, is daar geen vonkels in my oog! Sonder jou, is die lewe stil en saai, sonder jou, sal daar selfs in winter, geen wind meer waai! Sonder jou, is my hart ,my siel , onvolledig , Sonder jou, is my toekoms nooit, ooit , ewig!!!!!!!!!! (terug) Ontwaking Eens was ek oningelig, onredelik gewees, Toe het God my wonde genees! Onthou, HY was die eerste EEN Sy trane was vir jou en my ook geween ! Alles ,ja alles, het HY van ons skouers af weg geneem, en uitgewis, Sodat ek en jy SY vrede in ons gemoed ,nie mag mis! Die geheim egter daarvan, vir die lewe voort , vir jou en my, is om Hom vir altyd te he, aan jou sy! Laat HOM toe om jou lewe te regeer, dan sal SY vrede , jou lewe beheer. (terug) Toekomsdrome Daar is in my gedagte wereld vandag , Soveel drome, wat ek verwag. Sonder twyfel, sonder glo Sal ek nooit te nimmer , hierdie wense tot uitvoer kan bring, na bo! Hy wil he ek moet HOM onvoorwaardelik daarmee vertrou, met wat Hy wil, Sonder mense, sonder grense, My wense, in my gebede, aan HOM,vervul! (terug) POLSSLAG In die ritme van die lewe, polsslag wat om ons bons, Kan ons ooit stilstaan vir n wyle, besin wat sin maak, Kragte wat ons van U wil wegruk, wat alomheen, om ons gons! Die rigting wat ons volg, volg ons wat ons aandag vereis, en verloor dan so ons Baken , wat eintlik die rigting vir ons wys! Wil die mensdom graag die alledaagse slaafs navolg ondeurdenk? Sonder om eers te put, uit wat Hy ons elke dag kan skenk? Die eenvoud van die skepping, soos ons dit sien vandag, wat mense kwel, omdat hul meer van die lewe verwag. Ons aanhoudende soeke na iets konkreets, wat nie bevredig nie. Hou ons besig, dat ons nie Sy stem kan hoor, Sy lig kan sien. Dit besorg ons kommer, gee ons sorge wat ons verdien! Maar as ons stilstaan vir n wyle, dat ons fokus kry, Sal ons weer voorspoed in ons lewe vind, Sodat God’s seen deur ons lewens gedy! (terug) Tulbagh Kanaalwater, en granaatbos, dis wat my hier hou, ryke aarde, sy voortbrengs hier oopgevou. Die sonnegloed, perskebloeisels ook vir jou! Tarentaaleiers, loerie roep in my geheue, sal vir ewig die beeld vashou. Skugter oe, en eerste liefde,jou asemteue, dis, hoe ek jou onthou! Jou donker hare, nat gereen, saam met my in die wingerde, n paar! Saam drome gedeel, saam geween. Nou net die onthou, jy is nie daar ! As ek maar tyd kon vashou, my vrou, Wou ek eenmaal nog saam met jou, veldblomme pluk, en piekniek hou. Die kranse skadu nou anders , as wat dit vroeer was, ek trek saans in die skemering, my gedagtes vas. Dit wat ons twee beleef het ,is my onthou ! Sal ek dit vir ewig in my hart vasklou! Kanale omgeval, tyd het sy tol geeis. Jou graf deur dorings heen, so word ek word nie wys.! Dit voel soos gister, wat ons saam ons droom wou bou, Ek’s nou alleen , sonder jou! (terug) Woestynpad Al ooit gewonder , en gepeins oor die lewe , onverklaard, Sal ons ooit kan weet wat wag ,op huis en haard? Die lewe gekompliseerd, en soms hard, gee kommer, en soms smart. Maar weet verseker, Hy is in beheer, Miskien vir ons onverstaanbaar , soms maak dit seer? Van ons word nie verwag, om te verstaan, van hoe Hy wil he, ons lewe sal gaan. Die enigste troos, is Hyself , onbeperk, wat in ons harte en lewens werk. Eers later kom die besef , die openbaring, duidelike lig, en helder verklaring. Ons Heer wil met ons n pad uittrap, Sodat ons vanuit , SY KRAG , kan tap! (terug) Namibië Hier waar sterrehemel,en sonnegloed, Die mens se oe ontmoet. Diep in jou siel inboor ,en groei, Ons land se natuur, wat my so boei! Kind van vlaktes, sonskyndae, Bring SY genade, ons behae! Ons land , ongerep en mooi, Selfs tot in sy sielskern, deur HOM , getooi! Toekomsgerig, moet ons bewaar, Ons bronne, vir ons kinderskaar! Gee ons terug aan hom wat hoort, Leef die pragdom ,vir ewig voort! Ons spore met windvlae, sal HY vee, En sorg deur genade ,uit SY hand gegee. (terug) Thomas Thomas,my liefdevolle seun, Waartoe alweer jou ore uitgeleen? Stories,alledaags, dit wil jy glo! Maar vir my, geen tyd gegee, Te bewys ,EK’S van BO! Thomas,glo vir my, Ek het ook vir jou, n plek berei. Vertrou my, dis my opdrag vandag, Dat jy my eendag weer, sal verwag! Thomas, ongelowig, EK’s werklik hier! Sien , EK is deur HOM ,gestuur! Vat MY hande vas, hier en sien, EK wil he dat jy my dien. (terug) Laaste Lig Karmosynrooi wolke , see en sand, Laat mis vou, oor jou ou Namibland! Jy is rof, ongerep, tog mooi geskep , vir deug! Hier waar ek jou varsbries asem, teug. Net een maal ,sien ek jou soos nou, voor die son in die’ wolke vou’. Oomblikke, stil geskep, soos die’ Sal ek nooit, ooit weer herleef nie! Die Heer het net vandag, Sy pastelkleure uitgepak, Net voor die son in die weste sak! Dankbaar keer ek huiswaarts heen, my siel diep tevrede , ek’s geseen! (terug) Die Woestynolifant Die woestynolifant, my kind, Sal jy binnekort in sy habitat, nie meer vind. Hul moet elke dag meer en meer , teen die indringing van mense, weer. Hulle wat die natuur wil benut, vir eie gewin, vir hul maak die diere, geen sin! Mededinging om water in die natuur, vir oorlewing , of plesier? Die vraag , hier, moet mens diep onstel, Want dit is n storie wat dit vertel! Teen die’ tempo, as ons nie keer, sien ons die’ diere, spoedig nie meer! (Opgedra aan al die ou bulle , wat nou die watergate van voorvaders moet besoek vir oorlewing.) (terug) Himba Veewagter Himba man, waar gaan jy heen? Gaan jy daar waar dit beter reen ? Die mensdom dink, jy is vergeet, maar die bron van wat jy weet, verbaas die moderne man op straat! Dit wat jou vee jou bring, in jou kraal, Kan geen geld jou betaal! Jou vee is n geskenk, wat jy glo, Gegee is deur n Hoër Mag daarbo! Die geveg teen die natuur, is n werklikheid, elke uur! Ons kan werklik by jou leer, hoe jy swaar tye absorbeer! Die Heilige Vuur sal jy bewaar, Jou vir ewig , by jou voorvaders skaar! Hul sal jou lei en maan, Hoe mens hier in die’ barheid, bestaan ! (terug) Reëntyd in Ons Land Net waar jy kyk, jaag stormwind die weer, uit wolkemassas swaar en donker. Plof sware druppels op die dorre aarde neer. Dan versnel die tempo, die water stort uit die hemel af . Benat dankbaar mens, dier en plant, tot in die dorste woestynsand. Here , U het vandag U genade uitgegiet. Die winde ook U bevele gebied. Sodat , n groot stuk aarde vandag, U lewenswater verwag. Hoe dankbaar, moet ons dan nie wees! As u so’, ons siel genees! Die reentyd hier, soos ons dit beleef en sien, Genadiglik gegee deur U, dat ons U dien! Leer ons dankbaarheid ,vir U genade Heer! Dat ons so’ ook, ons kinders leer! (terug) Nuwe Jaar Die ou jaar verby, Die nuwe jaar is daar! Hoeveel van ons drome gaan ons laat vaar? Hoeveel van die verlede, se besluite, lê buite ons bereik, daar buite! Dit moet ons weet, en nooit vergeet, wat ons ook al wil, en oor dagdroom, is God se Boom, en soek SY vredeswater, gegiet getrou, soos HY dit wil! Drome is mooi, en ideale goed, maar is leeg, sonder geleenthede, waarmee ons HEER, dit voed. Die boom sal groei en gedy, selfs in windgety. As ons dit gee, in GOD’s hand, Sal dit inwortel , selfs in klippersand! (terug) Ode aan 'n Seeman Die see, son, het hy geken, met niks wat hom in die lewe kon wen! Visnette knoop en aas berei, soms moes hy sy lyne sny! Sy bestaan op see, het aan hom gegroei. Daar was net een beroep gewees, die seebries moes sy siel genees! Hande hard, en bruingebrand, kom hy soms aan land. Om dan weer te hunker daarheen, die HEER, het hom aan my geleen. Sy kothuis, hier op die duin, word nou more ontruim. Die huis leeg en stil, net n foto, en sy bril. (terug) WATERPUT Toe sy wou skep n keer, Het HY haar gevra, die HEER, of sy ook laste dra? Daar was by haar verweer, n Jood sou dit nooit kon waag, om met haar te praat, en dan nog ook vir water vra! HY het meer van haar geweet, dit wat sy graag wou vergeet, HY bied haar water aan, Dat sy wonder;” Wie is U, Waar kom U vandaan?” Dan met verrassing,verdwasing, vertel HY haar lewenskets, dit wat seermaak, dit wat kwes. Hoe kan HY dit alles weet, HY is voorwaar, n PROFEET! Ek moet my lewe anders rig, en nie weer voor versoekings swig! Die water uit die put, was nie geskik. HY wou dit anders he, dat mens SY WATER neem, en so jou dors verkwik. (terug) MOWE BAAI Die Namib duine se rant, smelt hier saam met die baai se strand. Hier waar mis en stormweer, blink rotse ets en weer. Hier het GOD sy HAND uitgesteek, Vir jackals, bok, en dier, dit alles vir SY plesier. Waar geen mens nog ooit sy spoor, hier in die sand kon verloor. Ongerep, ru, en mooi, het ons SKEPPER , die kus getooi. Waar in die wye wereld heen, sou mens dit kon sien, kon ervaar, deur GOD aan ons geleen. (terug) GEBED O,HEER, my GOD wees my naby, In die stormweer –en –windgety. Keer weg die windvlae , wat my laat bewe, weg HEER, hier uit my angs lewe. Laat weer die son en somergloed, skyn in my lewe,nou waar storms woed. Gee ook geloof, vas en sterk, om deur die stormgety te werk! Met insig,moed,en ootmoed HEER, die storms uit my lewe, te weer! (terug) GOD’S WONDER GENESING Deur die pynnewels deur, wat deur my menswees skeur, vergete van GOD’s teenwoordigheid en steun, wat my dra, as die pyngolwe deur my liggaam dreun. Roep n stem; “ Wees nie bevrees!’ EK is hier en sal altyd by jou wees! Mens, HY het drie keer meer as ek en jy, aan die KRUISHOUT gely! Gee dus al jou sorge aan HOM oor, En hou moed, moet dit nie verloor! Die wenstreep le voor om te oorwin, dis EWIGE GENADE , sielerus, DIE BEGIN! (terug) Jeugliefde Jeugliefde soms ondeurdag, soms verlief benewel, onverwag! Laat baie keer , O HEER, verkeerde keuses , deur ons lewens skeur! Dan, omdraai ,maar waarheen baan? As ons lewens trein voluit gaan? By die volgende stasie op die pad, kan ons miskien, n ander roete vat! Wie kry altyd , n kans , n keer, om sy lewe reg te maak , O HEER? As U wat oor die lewe rig, ons nie keer, dat ons swig. Sal ons ooit kan keer, die bitters, en die seer, van die lewenspoor , wat wag, wat voortkronkel elke dag ? (terug) Die Laaste Uur In die skadus van die laaste uur, wie’t kon dink dit sou so duur? By die trappe van SY paleis, op die einde van jou reis, klink die lofsang uit GOD’s huis. Die vraag , dan gestel my maat, het jy jou weerhou van alle kwaad? Of is jy miskien gevind, waar jy ontrou was aan alle raad? (terug) Bethlehem’s Vreugde Daar was eenmaal lank gelee, n timmermanskind vir ons gegee. Sodat die wereld waarin ons leef en bestaan, nie ooit verlore sal gaan. Hy was tot die dood getrou, aan GOD wat SY beloftes hou. Met kruisigingsmart en lyding, Die vreugdetyding! Ons is vergeef, ons kan SY vrede leef! (terug) Liefde Van menswees kan JESUS jou vertel, SY lewe was n GODDELIKE bevel. Om ander te dien met oorgawe, en dan te sien, hoe skyn vreugde, Dit is genade! (terug) Die Werkloses Gee vir my n stukkie brood, Meneer, ek is in die nood! Ek het eeue laas gewerk, en dit verloor. In die lewe vandag , voorwaar, kry ons werklik swaar. Bid tog vir ons , dat ons uitweg vind, Meneer ,u is mos ook n JESUS kind? As ons maar vannag , n bietjie warmte kan he, Waar ons plek kry om te le. Mag die LIEWE HEER, Hierdie seer , Van alleen , verstote menswees, Heel deur SY GEES! (terug) Kinderspore in die sand Pappa is daar n land aan die ander kant? En hoeveel huise bou ons met die see se sand? Waar gaan die son heen, is dit in die see se water? Of sien ons hom dalk weer later? My kind, dit is alles die werk van ons HEER JESUS. Pappa ken ook nie al die antwoorde , maar net dit: Hy ons HERE is oral te vinde, in alle rigtings van die winde, In die ooste, weste, suide noorde. Die rigtings hou ook nie op nie , my kind. Weet net, in ons huis het HY ons hartjies gevind. (terug) Lewenslig n Lag , n traan , van vreugde jubelend of vervreemd van SY bestaan. Die eerste lewenslig , van 'n kindjie gebore, skyn vreugde in moeders gesig. Van smart en hartseer, tot angs en nood dit word alles ervaar, so word mens groot. Dan die grysheid, die onthou van jare lank gelede, toe jy nog kind was. Maar nou , genade gaan met rasse skrede en die krag ontbreek in ons lede. Totdat ons HEER en MEESTER , sluit die verhaal, soos by die LAASTE AVONDMAAL. Die mens , O HEER, laat ons leer , het U geskep , om U te eer. Leef uit sy genade , en HY sal jou bewaar van alle kwade. (terug) Die Besoeker Waar was jy toe EK aan jou deur geklop het? Was jy in die kroeg, aan die ploeg, of sommer net besig met niks, of dalk net te moeg? EK kom weer klop aan jou deur, maar onthou, soos drome in werklikhede ontvou! Kan dit dalk ook ophou! En dan my maat , is dit vir ewig te laat! Want as EK kom, kom EK hul haal wat tyd vir MY gemaak het. En gaan dan verby , by die wat my versaak het! (terug) 'n Nuwe Dag 'n Kinderlaggie, n traan,n oumenslyf, wat sukkelend die weg deur skares mense baan. Die koerant verkopertjie op die hoek, die tuinier, wat slakke soek. Dit alles, deur die vensters van my siel ingeskink, dit is GOD, wat al die wonders skink! Die lewe soos ek hom sien, die beelde deur GOD geskep, om HOM te dien. Maar wie almal van hul, toon HOM respek? Ons almal, so besig met ons dag, Laat soms die HEER , vir ewig wag. (terug) Wekroep In elke toktokkie,hoep-hoep en fisant, berg ,rivier en rant, daarin sien ek ons Heer se Hand. Reenweerdae,veldbrande en windvlae, Selfs koue winterweer, Het HY geskep tot Sy eer! Mensekind, hoe kan jy dit nie alles weet? Die Heer se hand hierin vergeet! As jy maar net tot rus wil kom en glo, Bring Sy genade jou , geopende Oë. Die heelal , die mooi wereld ,deur Hom geskep en onderhou, Het vandag weereens vir my ontvou! Hy het n plan met ons as mens gehad, Deur toewyding,geloof en vertrou, Wou Hy hê, dat ons vaste koers behou! Ook in swaarkrydae ,Sy hand sal vat! (terug) Ongelowig Jy! Thomas, my liefdevolle seun ! Waartoe, alweer jou ore uitgeleen? Stories,alledaags, dit wil jy glo, Maar vir my, geen tyd gegee, Te bewys ,EK’s van BO! Thomas ,glo vir my, EK het vir jou ook , n plek berei! Vertrou my, dis my opdrag vandag, Dat jy my eendag weer, sal verwag! Thomas , ongelowig, EK’s werklik hier! Sien ,EK’s deur HOM ,gestuur! Vat my hande vas hier , en sien, Ek wil hê, dat jy my dien. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Ferdi Gerstner hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |