Fanie Oberholzer
1. Op koue reen dae



Op koue reen dae
Pak jou goed. kom saam met my.
Ek gaan n koffie winkel in die Kaap begin.
Jy gaan jou Franse modes langsaan ontwerp.
Ons kan later van dit teen my mure hang.
Maar vir nou gaan ek eers verlang.
Ek vat n paar Maddison leunstoelle,
hudson koffietafels.
Driehoek ontwerpe op jeans.

Op koue reen dae dink ek aan jou.
Hoe ons sou lag, koffie drink, denims pas en
verstel aan n las.

In n besige straat gaan ons naambord
teen die suid-ooster kreun.
Druppels reen swaar teen ruite leun.
Handvormige herfsblare waai teen die bord vas.
Klou, om net weer af te gly en saam n lorrie verder te ry.

Op koue reen dae dink ek aan jou.
Hoe ons sou lag, koffie drink, denims pas en verstel aan n las.
Koffieboon aromas, garing en geluk.
Op koue reen dae dink ek aan jou.

Maar nou is jy weg. Tussen ons le 300km swart snelweg.
More sal die son weer skyn,
en ek sal wonder waarheen het al my herhinneringe verdwyn.
want...
op koue reen dae dink ek aan jou. Muffins, kaas en konfyt.
Gekleurde materiaal, vreugde en jolyt.

(terug)