![]() |
| Erika Moolman |
|
1. Pappa
|
|
Pappa die spore op jou gesig vertel my van jou ou lewens lus krom vingers vol eelte wys na ‘n leeftyd van wete ‘n hart van goud maak jou die aard se sout skielik laat jy weer ‘n aap uit die mou en die lag laat jou oe ‘n helder blou maar dan kom dit weer daar is net niks wat ek kan doen om dit te keer hierdie siekte wat jou so laat kwyn waar is die plek waarheen jy verdwyn ek sien jy is moeg geen krag om aan te hou swoeg magteloos sit ek en luister elke woord nou so kosbaar wat jy fluister jy wil verniet oor die verlore tyd besin weet net, ons het jou almal nog altyd net bemin die tyd raak min, en vir my maak dit net geen, geen sin (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Erika Moolman hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |