Erika Moolman
1. Pappa



Pappa
die spore op jou gesig
vertel my van jou ou lewens lus

krom vingers vol eelte
wys na ‘n leeftyd van wete

‘n hart van goud
maak jou die aard se sout

skielik laat jy weer ‘n aap uit die mou
en die lag laat jou oe ‘n helder blou

maar dan kom dit weer
daar is net niks wat ek kan doen om dit te keer

hierdie siekte wat jou so laat kwyn
waar is die plek waarheen jy verdwyn

ek sien jy is moeg
geen krag om aan te hou swoeg

magteloos sit ek en luister
elke woord nou so kosbaar wat jy fluister

jy wil verniet oor die verlore tyd besin
weet net, ons het jou almal nog altyd net bemin

die tyd raak min, en vir my maak dit net geen, geen sin

(terug)