Elsje Henning
1. Donker nagte

2. (Soos 'n roos se dorings)

3. Ontvlugting

4. My seeman!



Donker nagte
Donker nag verlate strate donker nag in die woestyn donker nag,
verlate donker nag met my bottel wyn sit ek hier en verlang na jou,
sit ek hier in pyn,
donker nag kom die engele,
donker nag vat hule vir jou donker nag van my lewe,
donker nag waarvan ek vokol hou!

(terug)


(Soos 'n roos se dorings)
Soos n roos se dorings,
soos n blom se gom
soos n hout se splinters
hoop ek jy kom

soos n dak se teel
soos di grond se klippe
soos ek en jy daai aand met my ons lippe

soos n muur se stene hou ek aan bou,
soos gerhard steyn se chocelates hou ek van jou,
soos n kar se enjin idle,
idle ek vir jou,

soos n kind se tamtrum skree ek oor jou,
soos die glas in my venster soos die coke in my dop wens ek,
ek kon tyd terug draai soos dit was,
my blondekop, groenoog engel!

(terug)


Ontvlugting
Ek voel jou pyn,
Ek luister na elke sein
Ek hoor dit wat nooit
Gese word
Ek sien dit wat jy nooit
Sigbaar maak
Ek ken jou
Al is jy myle ver
En het ek jou nooit ontmoet
Of selfs al kon ek jou
nie eers een keer groet.

Jou skryf stuk
Laat my sintuie werk
Jou woorde maak my sterk
Jou siening maak my oe oop
Jou houding laat my dink
Tog, voel ek jou pyn,
Jou vreugde, jou opgewondenheid.

Jou versreels
Skep my illusies
Jou vergelykings
Maak my onderskeid tref
Jou vrye vers
Laat als binne my verlig
Soos n donker kamer is ek
Dan maak ek die boek oop
En my kamer het n brandende kers.

En elke keer
as ek die boek oopmaak
Sien ek jou verhaal
My bekommernise gestaak
Die wereld maak oop,
Seer wonde, rou en kaal,
Laat my, my pyn vergeet.

Jou sprokies
Maak my lag,
Jou spoke
Maak myne bang

Elke woord
Spreek boekdele
Elke rym
Verlig ons pyn,
Elke eufimisme
Versag jou siel.

Jou bladsye raak,
Voller en voller
En my hart loop leeg
Deur my oe,
Soos joune het,
Toe jou pen
Die papier vul.
Ons lees en skryf
Altwee ewe gul!

Jou enjambement
Leef voort...
Sonder fansie leestekens,
Die impak op my lewe.

Dolfyne se jy,
Al weet ek
Dis jy en ek.

Soveel digters,
Soveel woorde,
Net een doel
Waarna ons almal strewe.

En as ek die
boek toemaak
Keer ek terug
In my kamer
Van vrye vers,
Verlig met jou kers.

'n Flou liggie
Se die dolfyne
Beskryf jy sonder
Fansie leestekens.

Al weet ek jou spoke was op n tyd ook bang.

Ek maak my boek oop
Soos die bladsye
Voller en voller raak
Want jy lees my
Spokerige sprokiesboek!

(terug)


My seeman!
Jy is die seeman
Wat my hart verslaan
Die enigste een
Wat my verstaan.

Met oe so grou
Is jy die mooiste ou
Ja vir my n
doodgewone vrou!

Lank gewag
Baie gehuil
Wil altyd net
by jou skuil!

Ek het jou lief
Jy is die harte dief
My enigste seeman!

(terug)