Elise van Geffen
1. Bouval



Bouval
Hierdie onsigbare gordyn van skeiding
is al hoe stywer toegetrek
sodat nie eens die kleinste ligstraal
sy deubraak sal maak nie.

Te midde die helder sonskyn van die somer
is die koue van ons afsondering
en onvergeeftlikheid
op die vensters van ons harte geëts.

Swart wolke van mistroostigheid
verbloem die weerkatsing
van die eens goue blink bande
wat ons geheg- en ‘n geliefdes gemaak het.

So asof ons herkou het aan bitterals
is dit juis op ons gelaatstrekke
dat mens dié onsekerheid en
moedeloosheid sal kan lees.

Die kleure van ons skilderdoek
nou verbleik, dor en krakkerig;
tesame met die glans van die eens
rooskleurige lewensvooruitsigte

Koue, geroeste staal omheinings
hou die hartseer en hoogmoed binne;
so koud soos ‘n slagter se koelkamer
met die reuk van iets wat dood is.

(terug)