Eleanor
1. VAT MY

2. LIEFDE

3. SEER....

4. JY

5. GEEN TITEL

6. Donker

7. Genoeg

8. "HAS BEEN"

9. Bevry

10. Fly Away

11. Soms

12. Sail with me

13. Swart Kombers



VAT MY
Vat my hand
neem my saam
Donderwolke sweef om my
Stortvloed reën oorval my
Sluk my in...sluk my weg
Wat is die regte weg!!!

(terug)


LIEFDE
Vir jou het ek lief
vir jou gee ek om
Jy is in my hart
tog ervaar ek nog smart

Wees by my, nou en vir ewig
laat my nooit gaan
Hou my in jou hart
en vat weg die smart

Jy is die enigste
saam jou wil ek sweef
saam jou wil ek leef
Nou en vir altyd...

(terug)


SEER....
Trane vlak in daai oë
lyf vooroor geboë
Pyn vertrek die liggaam
waarnatoe kan ek gaan

Sweef op vlerke van die wind
maak haar voel soos 'n kind
vat weg daai vrese
bou 'n nuwe leuse

Word vry van ou spoke
gegiet...gegote...
Blom in die liefde...

(terug)


JY
Jy gee my alles
tog kry ek niks
Jy maak oop
en tog is jy geslote
Jy maak my gelukkig
en tog kry ek seer
Jy gee my jou liefde
en tog voel ek bitter
Jy maak my lag
en steeds huil ek

(terug)


GEEN TITEL
Jy het my lewe betree
met warmte en opregtheid
my hartkamers binnegedring
my vrouwees omring

Jy maak my weer glo
In MY GOD daarbo
dit waarna ek smag
het jy vermag

(terug)


Donker
Die gedwaal in gange vol geheime
Lê in die gemors saam swyne
Soveel afdraai paaie
Soveel seer....nooit gekeer!!!
Laat my sweef
sodat ek kan leef!!!!

(terug)


Genoeg
Vat my hand, vat my siel
ek is tog klaar verniel
Hoe maak jy gesond
gooi my liewer met grond
en maak 'n einde
aan al die stront.......
die duiwel dwaal mos
alewig rond!!!!

(terug)


"HAS BEEN"
met jou kras woorde
jou wreedheid, jou haat,
weet jy wat het jy agtergelaat...

gedagtes vol seer en pyn
onsekere mens - seer mens
jammer kon jy nie uiter...
jou hart te vol haat

die geskree binne my
like my, wees lief vir my
nee - jou slaaf was ek
jy die koningin
jou haatlike mens
jou kon ek vergewe voor jy gaan
maar die letsels bly vir ewig staan.
R.I.P

(terug)


Bevry
Kleine meisie
brose kind
waarin het jy
jou toe bevind

Onskuldig, bang,
onseker, seer,
bevrees, beangs
wat kan jou tog vang.

Wees gerus
wees vry
dis alles tog verby
en niks was jy!!!

(terug)


Fly Away
If I could fly away
above the sky
I will spread my wings
and make my way
To reach for a dream
I will do, and ponder all
love and dearness cometh unto me.
My thoughts will become free
and my wings I will spread and
fly for my dream.

(terug)


Soms
Soms as ek bang raak vir more
Dink ek aan jou, sien ek jou,
voel jou, ruik jou, net vir jou.
Hieraan sal ek klou
Geen verwyt, geen berou,
Soms voel dit al wat ek het
is nou.

(terug)


Sail with me
Sail with me
sail away to far away places
sail with me
where we can be free
sail away with me
to a place where
I can be me.
Sail away with me to a place
where I can only hear water
and birds.
Sail away with me
and only me
I need to be me!

(terug)


Swart Kombers
Met 'n swart kombers
gevou om my liggaam
dit is hoe dit voel!

Eenkant...alleen..
Dit is warm in my
maar die swart kombers
hang swaar om my.

Miskien as liefde intree
kan ek die geblomde een kry
Hoe gaan ek weet
wat ek wil weet

Dra maar die kombers
die swarte nou
dan kan ek nog my trots behou.

(terug)