![]() |
| Donovan Hall |
|
1. Plaaslewe
|
|
Plaaslewe as die eerste lumier oor bergtoppe dwaal die staanhorlosie teen die muur aankondig die nag is klaar ja elke duister-duister uur en die Blaasbalk gee nuwe lewe aan die vuur opnuut!! laat vlam en vonk die lug inskiet en sing en kraak van puur plesier die dansende springende vlamme van die vuur en mens en dier staan stram in môredou se klam en beef ñ lekker beef Ons leef!! Ons leef!! (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Donovan Hall hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |