Dirkie de Wet
1. LENTE UIT DIE TROEBELWATER



LENTE UIT DIE TROEBELWATER
Hoe troebel kan dit word om lente te verhoed?
Hoe donker moet die lewe wees sonder gloed?
In eensame vergetelheid ontkiem saad
en oordek vaal vlaktes met ‘n kleurgewaad.

Op ‘n ashoop pronk ‘n sonneblom alleen
tussen rommel, stank en brommers heen.
Oorwinning in die Saad deur God gegee
bring in die vuil van mense herskepping mee.

In die vleiland se donker troebelwater
‘n wit reier met ‘n blink vissie in sy snater
verrys die waterblommetjies se skitterwit
soos sterretjies wat in die hemel sit.

Hoe donker moet dit in my lewe wees
sonder God se lewe, kleur en Gees?
Nooit te donker, te troebel en te vuil
vir blomme en kleur uit jou donker kuil.

(terug)