Dewald Maritz
1. Wat nou!!



Wat nou!!
Nou wat nou, wat moet ek nog doen om jou gelukkig te hou
Hoe lank nog moet ek harde bene kou
Wanneer gaan jy wys dat jy nog van my hou

Jy het my gesê dat jy soek sekuriteit
Jy het gesê, dan sal jy my nie verwyt
‘n vaste inkomste, stabiliteit
Als het ek gegee, en steeds geen intimiteid

Ek kan jou nooit tevrede stel, nooit wil jy net berus
Nooit wil jy aanvaar dat ek is maar soos ek is
Nooit het jy gevra wat dit is wat ek wil hê
Alles net wat jy verlang, ek moet luister wat jy sê

Het jy al ooit vir een oomlik stil geraak
Het jy my al ooit kans gegee, geluister na my saak
Maar ek is mos ‘n jammergat, ‘n papbroek van ‘n man
As ek net ophou stry met jou, vir jou, jou gang laat gaan

Ek wonder soms of jy dink my hart’s van klip gemaak
Dat jy dit maar kan rof hanteer, hardhandig daarmee raak
En net omdat ek dit nie wys, of soms nie daaroor praat
Dat woorde wat soos messe sny, nie letsels op my laat

Verstaan my mooi, ek’s lief vir jou, en anderste as jy
Aanvaar ek jou net soos jy is, dit sal ook net so bly
Nog nooit het ek van jou verwag om nie meer jy te wees
Nog nooit het ek vir jou gesê jy moet tog stiller wees

Het ek al ooit vir jou gesê ons huwelik’s ‘n leuen
Het ek al ooit vir jou laat blyk ek kan nie op jou steun
Het ek al ooit impliseer dat jy ‘n mislukking is
Dis soos ‘n dolk hier deur jou siel, net soos ‘n Judas kus

Ek kan nie met jou praat, jy hoor nie wat ek sê
Jy luister nooit na wat ek wil, net na wat jy wil hê
Jy sê ek kommunikeer nie, daarom gee ek nie om
Om so te redeneer my vrou, jammer, maar dis dom

My grootste vrees is daardie dag wat rede nie bestaan
En al die liefde in my hart net eensklaps sal vergaan
Genaadiglik deur God se hand bemin ek steeds vir jou
Het Hom beloof, deur dik en dun, jy bly nogsteeds my vrou

(terug)