![]() |
| Desire Oosthuizen |
|
1. My hart lê op die grond
|
|
My hart lê op die grond Een rooi massa, bebloed, seer en sonder vorm Gedagtes ‘n warboel van emosie Daar is ‘n gat in my lyf, ek skree, ek krul, ek gil ek voel Dag vir dag, uur tot uur sleep ek voort Ek kan nie, ek wil nie, ek sal nie Woede, hartseer, pyn…die ewig verdomde dofkloppende pyn Alleen fetus in ‘n gat Aorta slepend agterna Verlos my van my steeds kloppende hart Ek het seer, ek kan nie meer hyg ek dit uit My man is dood, hoor julle my, my man is dood Los my uit, los my uit ek wil net hier lê... (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Desire Oosthuizen hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |