Delia Rossouw
1. Bitter Soet Seisoen

2. D i e B o s v e l d

3. EK EN JY

4. Moederlief



Bitter Soet Seisoen
Kaalvoet loop ek in die pad,
Die winter kruip nader en beklem my hart

Soet, soet somer, jou voëlgesang word stil,
Nog ‘n bitter soet seisoen word in stilte gehul.

Kom koue winter, kom kruip hier in my hart,
Kom wys my jou angel, kom wys my jou smart.

Verdryf al my hartseer en troos my met jou prag,
Doudruppels wat glinster in die oggendson se lag



(terug)


D i e B o s v e l d
My hart trek vandag ‘n punt,
na die skone Bosveld
waar ek groot geword het as ‘n kind.

Herinneringe neem my terug,
na die skoonheid van ‘n doringboom,
‘n sonsondergang wat hang op ‘n berg se rug

Sorgvrye… Sonskyn, Kinderdae...
reëndruppels wat plas in die sand,
en vinnig wegsink in die aard se lae.

My ouerhuis sal ek vir altyd onthou,
‘n ouerpaar wat my toevou in hul liefde
en my vertel van die sterre en die “Piet My Vrou”

My hart trek vandag weer ‘n punt...
Die Bosveld se roep bly in my ore weerklink
Net in die Bosveld sal my siel ware vrede vind!


(terug)


EK EN JY
Vertel my van jouself...
Sê my wie jy werklik is

Vertel my van jou verlange...
Wys my waar jou gedagtes rus

Vertel my van jou hartseer...
Sê my waarom jou siel nooit rus

Vertel my van jou blydskap...
Neem my in jou hartkamers van geluk

Vertrel my waarom Ek en Jy nie dieselfde is.


(terug)


Moederlief
Sal die hartseer en die pyn,
en die hunker ooit verdwyn,
Na my moederlief, so teer,
wat haar aan my gewy het, keer op keer...

Sal my hande ooit vergeet,
al die drukkies ongemeet,
Die vertroetelling as sy vryf,
oor my hare, en my lyf...

Sal my stem weer vrolik klink,
as ek “Mamma” sê soos ‘n kind,
Hoe verlang ek na jou lag,
raad en leiding elke dag...

Sal my oog ooit kan vergeet,
al die blydskap en die leed,
Klein armpies om Ouma se nek,
kinder soentjies uit liefde en respek...

Sal my hart ooit kan verstaan,
waarom die pyn nooit weg wil gaan,
‘n Pyn so diep en seer..
dis ongeneesbaar... O Heer.

(terug)