![]() |
| Darius Botha |
|
1. Skuldig
|
|
Skuldig Met elke klopping groei die vrees: Hoe klein die groot genot gaan wees En telkens meer ontneem sy vreug Die reinheid van my jeug Sodat ek, stil en skaam berus In swakheid, en my wete sus: Hoe vals die vrede in my gees, O Hart, verradderlike bom van vlees... (terug) Studente-tyd Sit aan en trap petrol Ontkoppel die koppelaar Ontklem sy hefbom Vir Eerste Rat, Ontspan, Ontspan die handrem... Gee vet en trek weg, Gladweg... (terug) Die Herstel Ek het dit een lentedagbreek opgemerk: Die oomblik toe die son die maan Se laaste tyd van glorie merk, Om stiptelik sy goud beslaande Hemeltrappe op te gaan En alles was weer eenvoudig en rein met die afspeel van die tafereel En elke mens terstond onthef van hartseer en pyn: Sodat elkeen wat tot die besef kan kom Weer nuut en vars, die lewensspel kan speel (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Darius Botha hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |