![]() |
| Dalene de Vente |
|
1. 'n Maand vol Memories 2. Hoe lyk dit as dit reën by die Sonop-koshuis
|
11. die kind by die see...
|
|
'n Maand vol Memories Dis in Maartmaande wat spoke my terugbring na koue Herfssaterdae-aande met ‘Pimp my ride’ op die TV en jou cinnamon en suurlemoen pannekoeke brood met snoek by die see Dis in Maartmaande wat ek en jy weer deur Oudtshoorn strate dice met jou grys Toyota Dis in Maartmaande wat Mika se Relax en Timbaland se Apologize weer nommer een word oor die wêreld en dit kliphard saam jou deur die strate partytjie hou Dis in Maartmaande wat ek weer in George se Town Lodge gaan slaap en Ocean Basket eet ek ruik jou DKNY Delicious en Mint Stimorol ek ruik memories jy, ek, maar nie 'n ons nie. (terug) Hoe lyk dit as dit reën by die Sonop-koshuis Hoe lyk dit as dit reën by die Sonopkoshuis Val druppels soos glybaantjies by jou venster verby Vloei dit soos riviere deur Tukkies se strate en sypaaie Dans die bome jubelend saam die wind Oorstroom Jou bloed bruisend in jou are Druk jy jou ore toe Voel jy die opwinding in jou hart Slaan jou selle bollemakiesies As die hemel pers bliksemstrale skiet Kan jou ingenieursbrein die skoonheid en ritmes van die natuur toonset met jou kitaar en As dit skielik ophou reën Ruik jy die verlange in die lug? (terug) Jou naam die etiket om jou nek beswadder gekompliseerd gekruisig geskeur gekraak ingewikkeld maar weet jy? Ek sien jou wese Gevorm deur die splinters van jou wêreld Jou onseker hart Jou vrees vir seerkry Jou naam verbode In my lewe ‘n held (terug) Jy is spesiaal Vir Jandré Daai dag toe ek by jou krom wit huis kom met vriendelike vierkantige vensters, bloukantgordyne viooltjies en gesiggies wat in die vensterbanke saamdrom en ek sien van buite af die swart klavier in die hoek asof dit nog net na my soek, Jan Vermeers wat gesellig teen die mure hang Was ek onmiddellik vasgevang Daai dag toe ek aan jou deur kom klop het en ek voel die geluk soos sonstrale uitstraal het ek geweet net gewéét Jy is spesiaal. (terug) Jy kyk weg Jy kyk weg Ontken my Ek is ‘n boggelrug mal meisiekind Moeg-moeg moeg Probeer Om teen die steiltes op te klim As dit my tog afgooi Jy kyk weg Ontken my Die kriek-kriek kriekies slaan die dromme Die uile fluit viool Sterre flikker disko ligte oor die veld Die volmaan is die dansbaan Maar hierbinne is dit donker Jy kyk weg Ontken my In my wêreld is dit ek en jy In die regte wêreld is dit ek, die drake tussen ons en jy Dit sal nooit meer word as jou glimlag nie Geld is wreed Realiteit is wreed Die kriek-kriek kriekies slaan dromme Die uile fluit viool Sterre flikker disko ligte oor die veld Die volmaan is die dansbaan Ek het 'n grot gebou Vir myself Graniet Die boggelrug mal meisiekind Hierbinne is dit donker Jy kyk weg Ontken my (terug) Toe kom jy ek , verbrokkel papiertjie wat doelloos rondwaai met versteekte opgefrommelde woorde ek't vir altyd rondgewaai maar toe kom jy toe kom jy jy't my gesoek opgetel gevorm ek jy't my heelgemaak ek is weer - ek (terug) Stukkies stukkies stukkie Jy trap en skop my stukkend soos 'n verbleikte Coke blikkie sodat ek opkraak en wegskiet, stukkies stukkies stukkie van my lê rond, verspreid, onseker oor wie ek is Jy’t my gestukkend, gevreet vir jou Saterdagaand dis en seerste van alle seer. hierdie ek en jy gedig met my stukkies stukkies stukkie kyk vas in jou spottend’ gesig Jy trap en skop my stukkend, van voor af, verbleikte Coke blikkie Sodat ek opraak en verteer, stukkies stukkies stukkie (terug) Donker nag Donker nag Donker gesig Jy luister nie, ek praat met die lug Vanaand voel jy soos ‘n vreemdeling Ek kan jou nêrens vind Tussen al hierdie donkertes wat my verblind Daar is geen maan wat skyn Geen ster wat skitter Die aand is bitter Vanaand het ons misluk Ek kan jóú nêrens terug kry Tussen hierdie gebroke woorde en gestry Jy het sommerso vanaand Met die donkermaan Sonder my weggegaan (terug) Die musiek dans om my Die musiek dans om my die reën laat my vrede voel ek sit en kyk hoe die druppels gly-gly en hoor hoe die keteltjie stomend woel My uitsig vanuit hierbo is mooi maar ek wens ek kon die beeldskone wolkies nooi om warm, snoesig op my te kom lê sodat ek nog meer vrede kan hê Die kamer ruik na rook, suiker en kaneel. ek kyk deur die gevriesde glas terwyl my gunsteling cd's en dis asof als saam die verlange weg sal was... (terug) Stoffie ek lê in die pad, mense se looppad lewenspad ek is 'n platgetrapte stoffie doodgemaak seergemaak: deur julle moordenaarswoorde ingepastel ingegraveer onuitveebaar vir ewig vir altyd in my hart en die wiel - weet ek - draai nooit (terug) die kind by die see... ek is 'n kaalvoet-seekind en huppel in my drome oor Knysna se rotskoppies met die kaapwind wat so kwaai, kwaai aan die blaartjies skud en ek is 'n kaalvoet- seekind as die koue druppeltjies van die see wat so koud prut oor my lyfie skiet, skiet en nou vlieg, vlieg ek saam met die geluide van die see met my ogies toe en sweef , soos die seemeeu om my hart te gee, te gee vir my Suid-Afrika see. (terug) Sonder woorde, Sonder jou Die verlede is Deurmekaar geweef En jy is Uitgeskeur Uit die prentjie. Die verlede Sny seer Aan my stukkende siel, Verweer Jy lyk soos die bedelaar op die straat Jy lyk soos die koerantman wat altyd met my praat Jy lyk soos die dag, soos die nag Jy is al wat ek sien Ek is verdwaal In hierdie wêreld Verlore Sonder woorde Sonder jou (terug) Jy is dood 'n yskoue wind waai die oranje blare van 'n boom af Die winter is om die draai Jy is dood skielik Jy met jou silwer stem en jy met goue hart jy is dood en hier wag ek nog pouses vir jou tussen die pawiljoene by die bome se skaduwees en skielik as ek die leë nessies sien kan ek onthou die middag met jou fiets die sirenes die begrafnisklokke die trane die verlepte blomme en jou geskende gesig en ek besef toe die einde-van- die- pouse-klok lui ons maatjie dae is vir ewig verby (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Dalene de Vente hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |