Corneli Smit
1. Heimwee

2. Ingrid Jonker at the gates

3. molto grave

4. volmaan



Heimwee
waar is die gloed van rooi grond
en die woorde bokkiebont
wat my lippe uit wil rond
vasgemessel in my mond
staan ek wydsbeen net met een
agter klanke en hul lande

tussen reën
tussen reën

selfs die voëls vlieg hier alleen

maar die gloed van my grond
en my woorde bokkiebont

vat ek saam
trek ek aan

kap ek uit uit my mond
agter klanke en hul lande

tussen reën
tussen reën

(terug)


Ingrid Jonker at the gates

finally
the poet arrived
tired
lonely
bent beneath lost verses found
meant for His eyes only

(terug)


molto grave

my vingers kniel
voor swart kruise
op wit grafte
in 'n polifonie van kleur
wanneer stilte sterf
in klank wat bloei
en die heilige lint van frase
alle note met betekenis bind

(terug)


volmaan

wanneer die maan sy blinkkant wys
dan glinster Nyx se oë
dertig dae het sy gewag
die siklus geduldig geduld
en ek wydoog nou haar verhoog
waar maan sy vollig skyn

koningin van die nag
so verleidelik in swart
wat uile-uur kan wakker tart
jou draderige komedie
laat stilte blaf en
skellend om my klink
tot sonnekoms vir maan aflos
en Hemera my naderwink


(Nyx is in die Griekse mitologie die oergodin van die nag
Hemera, haar dogter die godin van die dag)

(terug)