Cornč
1. Vir Ewig...



Vir Ewig...
My gedagtes ontvou op werkslessenaar,
Toe ek n oomblik in die verte staar –
My hart was op n tyd soos winter
Soos n verouderde boombas wat versplinter.
Die vuur wat die hout verbrand tot as...
Word nou weer gebore en gewas.

In somer bloeisel ken ek jou,
Die lug weer bo my hemelblou.
Die tyd van jonkwees nou verby ,
Maar tog, in volwassenheid kan ek my verbly.

Wat n mens se hart tog nie jou as mens kan leer,
Dat jy alles kan hź wat jy begeer.
Die dromer in jou...
Jou menslikheid ontvou.

My hart het ek vir jou gegee.
Die dag toe jy my trane afvee.
Vir Altyd en Ewig sal ek joune wees,
Want jou het ek lief met my hart, siel en gees...

(terug)