Charmaine Nel
1. Die Ster



Die Ster
Sy was maar net nog een
En haar tyd het nadergekom,
Om deel te word
Van die sterre reën…

Sy het gewonder of hulle haar sou mis,
Want daar is duisende soos sy
wat wanneer die son ondergaan
In die hemel is

Sy het die een langs haar gevra:
Of hy nie bang was.
Hy het haar geantwoord:
“ons almal word weer gras”

Maar sy het stil gewonder
- terwyl haar lig al flouer skyn -
Wat liefde is?
En toe het sy verdwyn…

(terug)