![]() |
| Chantelle Nel |
|
1. Ma
|
|
Ma Ma vandag gee ek Vir Ma een enkele Wit roos. Net om te sê Ek is jammer vir Al die tye wat ek Ma seergemaak het. En een enkele Geel roos. Net om te sê Baie dankie Vir al die tye Wat Ma my Bygestaan het. En dankie Vir al Ma Se liefde. Ma ek gee heel laaste Maar nog nie die minste nie Vir Ma een enkele Mooi Spesiale Rooi Roos Net vir n spesiale Ma soos Ma. Net om te sê Ek is baie lief Vir Ma En sal altyd wees... (terug) Vrygekoop Ek is vrygekoop Met die bloed Op Golgota. Ek is vrygekoop Deur Jesus Aan die kruis. Ek is vrygekoop,vrygekoop Van al My sondes. Jesus maak my Witter as sneeu En witter as sneeu Sal ek wees. Ek loof en prys U naam Tot alles hier vergaan En ek by U kan wees Om altyd U kind Te kan wees. Ek wil U loof Ek wil U prys Ek wil U lofgesange bring Ek wil U eer Ek wil U dien Ek wil altyd U kind wees Tot in ewigheid Daar is net een God. AMEN (terug) Tyd Ek sit en wag Op jou alleen Die tyd tik om Terwyl ek droom. Dit voel asof Als stilstaan Maar in werklikheid Is dit al skemer. Ek droom van ons twee saam Tussen heuwels en vlaktes My gedagtes gaan Terug in duisend stêrre. Tik-tak sê die tyd Doef-doef sê my hart Die maan is wakker En die son het gaan slaap. En wat maak ons nou In drome vêr hiervandaan... (terug) Wanneer Wanneer sal ek leer Om aan te gaan En te vergeet? Jy is nog te na aan my hart En dit maak my seer Om jou net so te laat gaan Maar dis vir die beste. Ek sien jou in elke Skadu van die nag n Arend sweef verby my In die nag se koue wind. Die wolkies bring reën Maar dink jy nie ek is Al nat genoeg Want die trane bly net rol En niemand kan dit keer. Ek wil jou net vrylaat Soos die arend in die Donker blou lug. Die donderstrale slaan Harder as die maan My hart slaan Sy laaste snaar. Ek dink als is nou verlore Maar ek sal bly wag... (terug) Seisoene Die Lente kom en gaan verby 'n Sprokie gevul met liefde 'n Droom gevul met geluk 'n Dag gevul met krag 'n Nag gevul met vrees. Die Winter is verlore sonder jou 'n Maan sonder lig 'n Wolk sonder trane 'n Stêr wat skiet sonder vreugde 'n Arend sonder vlêrke. Die Herfs is verbreek 'n Bloute sonder jou 'n Traan sonder jou 'n Herinnering van jou 'n Lied saam met jou. Die Somer het gebot 'n Glimlag sonder my 'n Nuwe begin 'n Tyd om te gaan 'n Nuwe dag breek aan. (terug) Heimwee Vergeet om my te vergeet. Vergeet dat jy se jys nie lief vir my. Vergeet van haar, Dis al wat ek vra. En kyk diep in my oe, Dis ons heimwee. Ek verlang na jou. Ek verlang na al die tye saam met jou. Ek verlang na toe ons nog was. Ek verlang na die saam kuier, Liefde en vriendskap tussen ons. Die heimwee word groter. En die tyd is afgemeet... (terug) Onthou jy? Onthou jy my naam My wonderlike naam Onthou jy my glimlag My soetste glimlag Onthou jy my oë My mooiste bruin oë Onthou jy my gesig My sproetjiesgesig Onthou jy sommer maar net vir my As jy snags gaan slaap Dink jy ooit aan my In die middel van die nag? (terug) Hoe maak mens reg? Hoe maak mens reg dit wat jou hart wil hê as jy weet jy sal nooit sy hart kan wen. Ek loop deur drome gestort deur trane tussen wolke van die verlede tot by die reënboog, daar sal ek jou vind vol liefde en vergifnis. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Chantelle Nel hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |