Celeste Herman
1. (Saggies tik die sekondes verby)

2. Wat is liefde?



(Saggies tik die sekondes verby)
Saggies tik die sekondes verby -
Onder God se wakende oog het 'n nuwe lewensjaar sy vlerke gekry,
Verwagtinge en voornemens word opnuut gebore,
En net die Vader beskik wat word volbring en wat is verlore,
Maar voordat jy 'n tree verder gaan -
Sluit jou hartseer saam met die ou lewensjaar af,
en gryp jou toekoms met albei hande aan -
Kies Lewe,
Begrawe ou koeie,
Vergeet en vergewe -
En jou nuwe lewensjaar mag jou dalk net verras met 'n stel vlerke van jou eie!

(terug)


Wat is liefde?

Dis 'n houtkruis teen alleenheid,
'n Steunpilaar in pyn,
'n Vuurhoutjie en 'n olielamp,
wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis 'n skouer om op te huil,
wanneer die wêreld jou soms druk,
'n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou,
en wanneer om vir jou 'n roos te pluk.

Dis 'n oor wat na jou luister,
Al praat jy soms nie sense,
'n Stem wat vir jou fluister:
"Jy's 'n dierbare mens"

Dis 'n Hamer wat skanse afbreek,
Dis 'n baksteen wat brûe bou,
Dis 'n swaard wat deur eensaamheid steek,
Dis 'n gom wat aan enige mens vasklou.

Dis 'n kombers teen die koue,
'n Sambreel teen die reën,
'n Fort waardeur geen wind kan waai,
Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis 'n telefoonoproep uit die bloute,
'n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,
En wanneer woorde oorbodig is,
word Liefde 'n stille gebed.

Bo alles is Liefde 'n gawe van God -
Geen mens kan daarsonder klaarkom -
Dis die kern van Sy grootste gebod.

(terug)